Esegiël 37:1-14 – 29 Maart

Vyfde Sondag in Lydenstyd

Soos altyd met narratiewe tekste, is dit goed om gewoon die teks op dramatiese manier te lees.  Daarom het ons in 2015 voorgestel: “Vertel die storie met geluide.  Carolyn Brown sê:  Provide castanets, rain sticks, rattles of all sorts, cans filled with dried beans, or anything that rattles for the verses about the bones.  Several people blow on live microphones or rub sandpaper blocks together to produce the wind sound for verses about God’s breath.  A children’s class could be enlisted to serve as a sound choir practicing in advance.  Or, children could be invited forward to provide sounds as the scripture is read.  In either case, they will need a director leading them during the reading.  It will also help to read the passage twice, first without the sounds, then with them.” Vir die preekriglyn kan jy begin met die TV-reeks “Bones”. Dit handel oor ‘n forensiese antropoloog, Bones, wat sommer ‘n hele klomp dinge uit bene kan aflei. Bene verklik hoe oud hulle is, hoe die mense of dier waaraan hulle behoort het, geleef het en uiteindelik ook dood is.  Daar is ‘n vakgebied, osteologie, wat die studie van bene is. Nie net forensiese antropologie nie, maar ook anatomie en argeologie stel belang in bene. Ja, bene vertel ‘n storie. Bene vertel van geslag, dieet, siektes, lewenstyl, ouderdom, groeikrag, noem maar op. Vandag het ons ook met ‘n verhaal oor bene te doen. Dooie bene. Bene wat ons vertel van die doodse toestand van God se volk. Maar ook van die groot krag van van God. Hierdie bene vertel daarom net soveel van God as van die mense.

Laai af: Word – PowerPoint

1 Samuel 16:1-13 – 22 Maart

Vierde Sondag in Lydenstyd

Soos met alle narratiewe tekste, kan jy gewoon die verhaal vertel of die teks dramaties lees of die ingeslote skakel na ‘n video gebruik.  Jy kan ook ‘n groep kinders die teks laat “opvoer” terwyl jy dit lees. Die verhaal “How to train your dragon” sluit ook goed hierby aan. Hiccup is ‘n jong Viking, die hoofman se seun, maar hy stel heeltyd teleur. Hy is nie groot genoeg nie en hy hou nie daarvan om te baklei nie.  Maar wanneer hy een van die drake wat die dorpie terroriseer, mak maak, sien almal dat hy die leier is wat hulle benodig.  God kyk nie na hoe ons buite lyk nie, maar aan die binnekant.  God sien die hart, soos die OAV sê. Die Bybelverhaal speel af in die tyd van Koning Saul as koning van Israel. Die Here en die profeet Samuel is egter hartseer oor Saul. Hy het ontaard in ‘n tragiese karakter. In Samuel 15 sê God dat Hy jammer is dat Hy Saul koning gemaak het. In hierdie tyd stuur die Here vir Samuel om ‘n nuwe koning te gaan salf. Wanneer Samuel bang is om hierdie opdrag uit te voer, omdat hy bang is Saul – wat nog koning is – sal dalk uitvind dat hy ‘n nuwe koning gaan salf, verbloem die Here die werklike rede vir Samuel se besoek aan Isai. Wanneer Eliab opdaag, is Samuel oortuig daarvan dat hierdie oudste seun van Isai die verkose koning moet wees. Iemand skryf oor Eliab: “He’s got future written all over him.” Vinnig kom ons egter agter dat die Here nie na dieselfde eienskappe as mense kyk nie. Die Here kyk dieper as die oppervlak – anders as mense se eerste indruk. Die Here kyk na die innerlike – dalk wil Hy wil onder andere weet hoe ons saam met mense kan huil en bid. Hy wil weet of ons ‘n passie het vir geregtigheid en ‘n hart vir verdwaaldes. Om hierdie rede vra die Here van Samuel om nog nie met sy soektog vir ‘n koning onder Isai se seuns op te hou nie. Uiteindelik moet Samuel egter vir Isai vra of hy nie nog ‘n seun het nie. Isai antwoord: “Daar is die jongste.” Hy gee nog nie eers die seun se naam nie, so onwaarskynlik en onbelangrik word hierdie seun geag. Uiteindelik word hy tog geroep. Wanneer hy (ons ken steeds nie sy naam nie) opdaag, ruik hy waarskynlik nie goed nie en is hy waarskynlik ook vuil omdat hy pas uit die veld kom waar hy sy pa se skape oppas. Wanneer hierdie seun voor Samuel verskyn, hoor hy by die Here dat dít die seun is wat hy tot die koning van Israel moet salf – ongeag hoe hy lyk, of hy nou vuil is of nie. Dit is nie die uiterlike wat die Here beïndruk nie, maar Dawid se hart wat vir die Here wys dat hy ‘n koning is. Hiervoor moet Samuel nie op sy menslike logika vertrou nie, maar op die wysheid en leiding van die Here. Uiteindelik sal ons leer dat daar beduidende verskille tussen Saul en Dawid is. Saul het indrukwekkend gelyk, maar het as koning uiteindelik nie beïndruk nie. God is veel meer geïnteresseerd in die nuwe koning se hart en karakter – wat God liefhet en dien. Dawid word uiteindelik Israel se mees besondere koning.

Laai af: Word – PowerPoint

Eksodus 17:1-7 – 15 Maart

Derde Sondag in Lydenstyd

Lees die fokusteks uit ’n kindervriendelike Bybel en dramatiseer die ingeslote volbloed woestynstorie, ’n gesinsvakansie in Namibië. In die middel van hierdie verhaal staan die getroue, magtige God, soos dit was met Israel in die woestyn. Hy is die spilpunt van menslike drama wat nood omswaai na geluk – van honger na versadiging, van dors na water, van blindheid na sig, van melaatsheid na heelheid, van armoede na welsyn en uiteindelik van dood na lewe. Die preekriglyn gebruik die knellende droogte in ons land as invalshoek. In die Karoo en omliggende gebiede het baie dorpies en distrikte reeds Dag Zero wat watervoorsiening betref, bereik. Adelaide, ‘n gemeenskap iewers tussen Port Elizabeth, Cradock en Grahamstad, is ‘n voorbeeld. Die droogte word as die ergste in 100 jaar beskryf. Die dorpsdam is leeg. Kwotawater uit die Visrivier wat vir Bedford bestem is, moet nou met Adelaide gedeel word, wat beteken die dorp kry baie min water, en dit bereik nooit die hoogliggende gedeeltes (meestal die arm woonbuurte) nie. Die versugting in ons teks, waar is daar water om te drink, is vir baie maar te bekend.

Laai af: Word – PowerPoint