Matteus 3:13-17 – 8 Januarie
Eerste Sondag na Epifanie
Vertel met Familietyd gewoon die verhaal van Jesus se doop of lees dit uit ‘n kinder-vriendelike Bybel. Hier is ‘n pragtige Kinderbybel vertelling van die teks – wys dit vanaf 3:00. Hier is ‘n inkleurprent. Oor bietjie meer as ‘n week begin die nuwe skooljaar. The Kissing Hand is ‘n pragtige storie wat mooi kan aansluit by die doop, maar ook help vir angs oor die nuwe skooljaar. Dalk het jy dit al vantevore vertel.
Wanneer mens Matteus se evangelie lees, is jy reeds by hoofstuk 3 omtrent uitasem, so baie dinge het gebeur. Dit lui die doop van Jesus in. Jesus se doop kondig die begin van sy aardse bediening aan; bediening van verlossing in die Naam van God Drie-enig. Met hierdie bediening vertrek Jesus op ‘n pad van versoeking en lyding (Matt 4:1). Uiteindelik bereik dit ‘n dieptepunt wanneer Hy aan die kruis hang en Hy uitroep: “My God, my God, waarom het U My verlaat?” Daarna blaas Jesus sy laaste asem uit sodat elkeen wat in Hom glo die versekering het dat hulle nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê (Joh. 3:16). ‘n Onbekende persoon skryf hieroor: “Met sy doop druk Jesus sy skouer onder ons in en neem ons sonde op Hom. Dit is die vreugde wat volg op die doop van Jesus, vreugde wat Hom die dood gekos het. So begin daar nuwe lewe vir my en jou.”
Laai af: Word – PowerPoint
Herman Retief
Goeie dag. Ek sien die webmeester reageer wel op hierdie platform. Dankie baie.
Ek is op soek na die volledige lys van RCL tekse vir die kerkjaar 2022 / 23 (Jaar A). Kry dit nie hier of op Missio nie.
Ek kry wel die skakel na die Adventtekste (Jaar A 22/23) by Missio se Inhoudsopgawe (en Advent is nou al ‘n bietjie verby!), maar die ander seisoene gee net opskrifte en nie skakels nie. Ek kon dit seker uit my papierweergawe van 2017-18 afgedruk het maar toe was Pase op 16 April en dan lol dit bietjie.
Ek weet of julle kan help nie???? (Het ook ‘n “ticket” by Missio geprobeer, maar weet nie wat daarvan geword het nie. Klink vir my -ouer garde Ds, – na toegangskaartjie na vertoning)
Ek benodig dit vir beplanning asb. Dankie.
Webmeester
Hi Herman – die skakel daarheen is: https://preekriglyne.co.za/wp-content/uploads/2023/01/Jaar-A_-Inhoudsopgawe-en-Voorwoord-2023-Missio.pdf
Herman Retief
Baie dankie vir die antwoord,
Het dit reeds gekry by Missio.
Die ander RCL tekse ontbreek.
Dankie in elk geval en mooi jaar vir jou.
Webmeester
Hi Herman – ek sien nou self dit is nie daar nie. Hier is die lys by textweek: http://www.textweek.com/yeara/yeara.htm
Herman Retief
Baie dankie -Waardeer!!