Die projek Preekriglyne het tot ‘n einde gekom

Dit was ‘n voorreg om vir amper 15 jaar riglyne te publiseer wat deur baie leraars en ouderlinge in gemeentes vir hulle eredienste gebruik is.

‘n Bietjie statistiek:

  • Elke maand hierdie jaar was daar gemiddeld 3 613 unieke besoekers, 5 716 besoeke, en ongeveer 22 342 bladsysigte van ons gebruikers.
  • Daar is reeds hierdie jaar 96 982 downloads gemaak van die hulpmiddels wat ons beskikbaar stel. Dit is 294 per dag!

Dankie vir B-Media wat dit moontlik gemaak het, en vir die span wat saam met my gewerk het:

  • Danie Mouton
  • Wicus Wait
  • Rethie van Niekerk

Groete en geseënde Kersfees

Chris van Wyk

Comments (13)

  • Ds. Dirk Titus

    Hi Preekriglyne span.
    Verstaan ek reg dat die projek tot ‘n einde gekom het en nie verder riglyne gaan verskaf nie?
    Indien wel sal dit so jammer wees want dit was voorwaar vir my, en ek glo vir baie ander leeraars en predikers, ‘n groot wins in die voorbereiding en gereedmaking vir Sondae se eredienste, feesdienste.

    Wat die rede ookal mag wees vir die beeindiging, sou mens wou van hulp wees om dit verder te vat.
    Maar ek bedank u vir hierdie wonderlike “tool” wat Preekriglyne was om die evangelie voete te gee in ‘n wêreld wat dit so nodig het.
    Seën en sterkte vir julle en jule families. Geseënde kersfees en voorspoedige nuwejaar.

  • Dis baie hartseer. Ek het self baie keer hulp hier aangeklop! Veral die uitstekende kindermomente!! En idees van videotjies en verhale wat by die preekriglyn pas.

  • Sjoe, dit is ‘n groot verlies. Dit het my blootstelling gegee aan liedere wat ons nie geken het nie en kon aanleer.
    Ek sal julle insette verskriklik mis..
    Hoekom hou so ‘n projek op?

    • Hi Liesl, ek is bly dat dit van waarde was vir jou. Bybel-media het die kontrak met ons nie voortgesit nie.

  • Sal die ou riglyne vd afgelope dekades steeds beskikbaar wees? Die is voorwaar n groot verlies itv blootstelling aan nuwe liedere, verskeie liturgiese opsies en benaderings, voorstelle van video clips, verhale en so meer.
    Ek vermoed Bybelmedia wil geld maak deurdat ons nou van hul “betaalkanale” soos Missio, ala DSTV, sal moet gebruik maak.

  • Goeie middag

    As ‘n lerraar is die nuus baie onstellend, hoe kan Bybelmedia met hierdie statestiek, net besluit, om nie met die projek voortegaan nie? Die materiaal was altyd vars, en relevant op ons huidige tydgees. Dit gaan gemis word, dit is net sleg hoe dit al hoe moeiliker raak vir lerraars om materiaal in die hande te kry. Eers Cumboeke wat heeltemal weg beweeg het van Kommentare, en nou Bybelmedia, wat weg beweeg van verwerkte materiaal vir leraars.

    Gaan Bybelmedia teminste voortgaan met Woord en Fees of val dit onder dieselfde sambreel as Preekriglyne?

  • Hennie Strydom

    Hi Chris. Nou kan jy sien hoe jou harde werk waardeer word. Soos vir die ander is die groet vir my ‘n groot verlies. Seënwense vir jou en jou huis. Mooi loop en veilig wees. Hennie Strydom.

    • Hi Johannes, ja, dit is moontlik, maar nie sonder finansiering nie. Jy sal wel die leesrooster vir vanjaar (kyk by textweek.com) kan aflaai, en dan in ons argief die relevante bydraes kan gebruik. Groete, Chris.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui