Esegiël 37:1-14 – 29 Maart
Vyfde Sondag in Lydenstyd
Soos altyd met narratiewe tekste, is dit goed om gewoon die teks op dramatiese manier te lees. Daarom het ons in 2015 voorgestel: “Vertel die storie met geluide. Carolyn Brown sê: Provide castanets, rain sticks, rattles of all sorts, cans filled with dried beans, or anything that rattles for the verses about the bones. Several people blow on live microphones or rub sandpaper blocks together to produce the wind sound for verses about God’s breath. A children’s class could be enlisted to serve as a sound choir practicing in advance. Or, children could be invited forward to provide sounds as the scripture is read. In either case, they will need a director leading them during the reading. It will also help to read the passage twice, first without the sounds, then with them.” Vir die preekriglyn kan jy begin met die TV-reeks “Bones”. Dit handel oor ‘n forensiese antropoloog, Bones, wat sommer ‘n hele klomp dinge uit bene kan aflei. Bene verklik hoe oud hulle is, hoe die mense of dier waaraan hulle behoort het, geleef het en uiteindelik ook dood is. Daar is ‘n vakgebied, osteologie, wat die studie van bene is. Nie net forensiese antropologie nie, maar ook anatomie en argeologie stel belang in bene. Ja, bene vertel ‘n storie. Bene vertel van geslag, dieet, siektes, lewenstyl, ouderdom, groeikrag, noem maar op. Vandag het ons ook met ‘n verhaal oor bene te doen. Dooie bene. Bene wat ons vertel van die doodse toestand van God se volk. Maar ook van die groot krag van van God. Hierdie bene vertel daarom net soveel van God as van die mense.