Psalm 118:1-2, 19-29 – 2 April (Palm Sondag)
Palmsondag
Lees die gebeure van Palmsondag (Jesus op die donkie) uit die NT vir kinders… Carolyn Brown suggereer die volgende: “The only reason to order the little strips of palms is to use them as Bible bookmarks or to make them into palm crosses. To do the latter follow the directions with photographs at Making Palm Crosses at King of Peace Church. I heard about one worship leader who walked the whole congregation through making palm crosses of their own during the worship service, projecting the step by step photographs. Worshipers were urged to take their crosses home to post on the refrigerator, a bathroom mirror, or some other visible spot where it can dry during the year.
Dit is vandag Palmsondag. Ons vier vandag Jesus se intog in Jerusalem, waar die skare palmtakke swaai en neergooi en volgens Matteus 21:1-11 uitroep: “Hosanna vir die Seun van Dawid! … Hosanna in die hoogste!” (2020-vertaling). Die skare gebruik ook Psalm 118:26 as hulle uitroep: “Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” (Matt 21:9). Kom ons oordink ons teks uit Psalm 118 saam. Dit gee ons ryke stof om ons ook vandag oor die lydende Here te verheug.
Psalm 118 vier die wonderlike belofte dat daar aan God se liefde geen einde is nie. Psalm 118 is die laaste Psalm in ‘n hele reeks Psalms, van 110 tot 118, wat gelowiges help om te fokus op God se beloftes. Al hierdie beloftes word nou afgerond met die gedagte dat daar aan God se liefde geen einde is nie, soos Hy dit oor en oor in die geskiedenis bewys het. Daarvan moet Israel getuig. Daarvoor moet Israel God loof.
Dit is dan ook uit dié hoek wat ons die skare se woorde met die intog in Jerusalem moet hoor as hulle die woorde uit Psalm 118:26 gebruik: “Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” soos Matteus dit vir ons vertel (Matt. 21:9). Psalm 118:27 maak dan net soveel meer sin: “Begin die fees! Wuif met takke!” Hoewel die fees in Jesus se geval natuurlik geëindig het by sy kruisdood. Die beloftes van die Here in Psalm 110-118 is dus met die koms van Jesus vervul. So interpreteer die vier evangelieskrywers dit (Mark 11; Matt. 21; Luk. 19; Joh. 12). Selfs die skare in Jerusalem kon dit nie inhou nie en het Hosanna vir die Koning gesing. Ook Jesus was baie bewus daarvan dat sy lewe die boodskap van die Psalms vervul het, soos ons lees in Luk. 24:44: “dat alles vervul moet word wat in die … psalms oor My geskrywe is“.
Die Psalm herinner ons aan die vreugde van gebedsverhoring. Dit onderstreep dat God goed is, dat aan sy liefde daar geen einde is nie, en dat ons van Hom kan verwag dat Hy altyd só sal wees. Die Psalm herinner ons ook aan die voorreg om deur lofprysing en danksegging ‘n getuienis af te lê van wie God ook vir ander kan wees. Aan sy liefde is daar geen einde nie, voorwaar!
Die Psalm herinner ons ook aan die Here Jesus wat volgens die Nuwe Testament die belangrikste klip in die gebou geword het, vir die hele Ou Testamentiese en Nuwe Testamentiese geloofsgemeenskap regdeur die eeue. Hy is van volslae vernedering aan die kruis verhoog tot die hoogste heerlikheid in God se wêreld.
Daarom: “Begin die fees! Wuif met die takke!” Getuig van wat God vir jou gedoen het, en bly in gebed vir dié dinge waar daar nog uitkoms nodig is. Die Psalm het inderdaad ‘n boodskap wat vandag nog ons met vreugde en verwagting vul.
Ek wil die Here prys, sê vers 21. Dit is wat ons vandag doen. God is groot. Daar is geen einde aan sy liefde nie!