Romeine 12:9-21 – 3 September
Veertiende Sondag in Koninkrykstyd
Gesels met die kinders oor die vis (salm) wat stroomop swem. Die teks in Romeine 12 vra ons ook soms om teen die stroom te swem. Maak dit prakties met voorbeelde uit hulle konteks. Sluit af met die karaktereienskap van liefde wat altyd sigbaar is in die kinders van die Here. Meer inligting oor salms ingesluit. Die preekriglyn sluit aan by Paulus wat vanaf hoofstuk 12 besig is met ‘n nuwe gedeelte van die brief, gewy aan die oproep om in ooreenstemming met die verlossing te gaan lewe. Paulus se voorskrifte het hoofsaaklik op verhoudings betrekking wat bou op die offer van jouself aan God. As jy genade ontvang het en jouself offer as lewende offer in diens aan God, beteken dit diensbaarheid en liefde teenoor jou naaste. Elke gemeentelid het wel afsonderlike genadegawes, maar alle gemeentelede het gemeenskaplik één groot gawe ontvang: die liefde wat alle ander gawes oorheers en beheer.
James Walters
Hallo, die ‘Word’ kopie van die Veertiende Sondag is slegs die opsomming wat in elk geval hierbo op die webblad verskyn. Kan die gebruiklike uitgebreide dokument beskikbaar gestel word?
Seën
Webmeester
Jammer! Reggestel. Dankie vir die laat weet.