Numeri 11:24-30 – 28 Mei

Pinkster Feesdiens

Met Familietyd maak gebruik van ’n Pinksterritueel. Gee byvoorbeeld aan die kinders die kans om kerse by die Christuskers aan te steek en voor in die kerk te plaas as teken dat die Pinkstervlam ook op elkeen van ons rus. Kerse kan ook by die Christuskers aangesteek en in die liturgiese ruimte geplaas word om die tonge van vuur te simboliseer. Die Taize gemeenskap het ’n skouspel-agtige ritueel waar elkeen ’n kersie ontvang en die vlammetjies vir mekaar “aangegee” word totdat almal se kersies brand. Vir die herbevestiging van die doop kan gedooptes hulle hande in die doopbak plaas en ’n kruisteken op die voorkop maak. ‘n Besige en interessante opsie is die voorstel wat by www.textweek.com gevind kan word. Die Engelse teks word net so weergegee, en die spesifieke web adres is http://www.sundayschoollessons.com/pent16kart.htm

Die preekriglyn oor die hoofstuk in die boek Numeri fokus op die veelbewoë reis van Israel deur die woestyn. Dit is die verhaal van twee generasies se reis met God. Die eerste generasie verspeel hulle kanse om die beloofde land in te neem weens hulle arrogante opstand teen en ongeduldige wantroue van die Here. Die Here gee egter nie moed op om sy doel met sy volk te bereik nie. Hy bring die tweede generasie ná veertig jaar na Kanaän in vervulling van sy verbondsbeloftes in Genesis aan Abraham, Isak en Jakob. Sy verbond met die aartsvaders is dus die dryfkrag agter die Uittog uit Egipte én die uiteindelike Intog in Kanaän. God is daarom nie net die God van beloftes en bevele soos in Genesis, Eksodus en Levitikus nie. Hy is ook die God wat bevel neem en sy mense begelei deur sy Gees en sy Woord, soos in Numeri en Deuteronomium hierna. In hierdie verhouding met God speel vertroue en gehoorsaamheid steeds die primêre rol, ook vir ons. Al hierdie verhale leer ons hoe om Jesus as die Leidsman en Voleinder van die geloof te volg, soos die Hebreërskrywer later sou skryf.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui