Romeine 10:5-15 – 13 Augustus

Elfde Sondag in Koninkrykstyd

Daar is vier lekker opsies wat jy verder kan ontwikkel vir die familie-oomblik. Maak seker dat jy net een gedagte kies en dit eenvoudig hou. Die eerste verduidelik die verlossing met hierdie oulike hulpmiddel. Die tweede haak aan by hoe liefde klink. Die derde is opgebou rondom die verhaal van Strictly No Elephants deur Lisa Mantchev. Hier is ‘n video. Opsie vier borduur voort op die konsep van lieflike voetstappe met gumboots, of hoëhak skoene

Die preekriglyn skop af met die verhaal van Edward Kimball, ‘n assistent in ‘n skoenwinkel in Chicago. Hy was ook ‘n Sondagskoolonderwyser, en het ure van sy vryetyd spandeer deur straatkinders in Chicago se middestad op te soek en hulle van Jesus te leer. Deur sy getuienis het ‘n jong seuntjie, D.L. Moody, in 1855 tot geloof in Christus gekom. Moody het ‘n bekende prediker geword. In 1879 kom F.B. Meyer deur Moody se getuienis tot geloof in die Here. Meyer het ‘n prediker geword, en J.W. Chapman na die Here gelei. Chapman het ‘n prediker geword, en die boodskap van Christus aan ‘n basketbalspeler, Billy Sunday, gebring. Billy Sunday het herlewingsdienste in Charlotte, Noord-Carolina gehou, wat soveel impak gehad het dat die evangelis Mordegai Ham genooi is om in Charlotte te kom preek. Onder Ham se prediking het ‘n tienerseun, Billy Graham sy lewe vir die Here gegee. Graham het die goeie nuus met passie wêreldwyd gedeel.

Dit het alles begin met een man wat na die strate uitgereik en ‘n tienerseun in ‘n skoenwinkel vertel het dat die Here hom liefhet. Dit laat mens aan Paulus se woorde dink: Maar hoe kan ’n mens Hom aanroep as jy nie in Hom glo nie? En hoe kan jy in Hom glo as jy nie van Hom gehoor het nie? En hoe kan jy van Hom hoor sonder iemand wat preek? En hoe kan iemand preek as hy nie gestuur is nie? Daar staan ook geskrywe: “Hoe wonderlik klink die voetstappe van dié wat die goeie boodskap bring.” (14-15)

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui