Hebreërs 4:14-16; 5:7-9 – 7 April

Goeie Vrydagdiens

Jy kan die verhaal van Jesus se kruisiging met behulp van ‘n goeie Kinderbybel vertel of ‘n video soos hierdie. Hebreërs herinner ons dat Jesus as mens geleef het en daarom weet hoe dit is om ‘n mens te wees. Hy het beleef wat ons beleef. Nou kan ons op Hom vertrou wanneer dinge vir ons te moeilik is. Ek onthou ‘n storie uit my kinderdae wat iemand vertel het (Louis Malherbe?) oor iemand wat miertjies sien wat op ‘n ramp afloop. Hy skree hard om hulle te stop, maar dit help nie. Al manier wat hy hulle kan stop, is as hy self ‘n miertjie kon word. Kitten for ‘n day is die storie van ‘n hondjie wat vir ‘n dag lank ‘n katjie is. Jy kan dit gebruik om die konsep van Hebreërs oor te dra. Daar is nie veel woorde nie – wees kreatief met die “lees”! Hier is ‘n video, maar jy kan dit koop vir Kindle. Hier is nog ‘n klomp kreatiewe idees.

Vandag, hier op Goeie Vrydag, help die Hebreërbrief ons om die betekenis van Jesus se lewe en sterwe te ontsluit. Dit vermaan ons (om aan God en Jesus te bly vashou, asook om staande te bly in ons geloof) en dit bemoedig ons omdat ons ‘n Hoëpriester by God het wat vir ons intree en ons begelei. Vir modern lesers kan die Hebreërbrief vreemd voorkom omdat ons die tempeldiens van destyds nie meer so goed ken nie. Die skrywer gebruik egter die wêreld en die gebruike van die tempel om die betekenis van Jesus se bediening en God se werk in en deur Jesus vir ons te ontsluit. Hy beklemtoon dat Jesus vir ons die hoogste en finale hoëpriester is. Christene hét ‘n volmaakte Hoëpriester, beter as enige Joodse hoëpriester, nie bloot ‘n dienaar nie, maar Seun van God. Hy het “deur die hemele gegaan” en sit aan God se regterhand” (1:3). Dus, anders as die hoëpriesters wat een maal jaarliks, boonop indirek, in God se teenwoordigheid kon wees, is Jesus gedurig en direk daar om vir ons in te tree. Terwyl die verhoogde Christus nader aan God is as menslike hoëpriesters, is Hy tog nie heeltemal bo ons verhewe nie. As een wat soos ons versoek is, het Hy medelye met ons swakhede. Kortom, Jesus is as God en mens die volmaakte Middelaar, volkome verteenwoordigend van God en van mense.

Dat Christus die volmaakte Hoëpriester is, word die grondslag vir twee oproepe wat die Hebreërbrief in ons teks maak. Gelowiges moet

  • Styf aan ons belydenis dat Jesus die Here is en aan ons toewyding aan God vashou;
  • In Christus bly leef in die vrye toegang wat ons tot God het.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

%d