Lukas 12:49-56 – 14 Augustus

Koninkrykstyd 10

Die fokusteks is moeilik om vir kinders oop te breek. Ons kies om Johannes 15 (die wingerdstok) as tema te gebruik. Ingesluit die teks uit die Nuwe Testament vir kinders. Carolyn Brown suggereer…

Urban children do not know much about pruning, unless their parents are gardeners.  The easiest way to help them get this story is to present a dead branch and ask if leaves or fruit will ever grow on this branch.  Pursue the discussion to the point that branches have to stay attached to the tree to stay alive.  Note that the same thing is true of vines.  The branches of vines curl up and die when cut from the vine.  Then challenge listeners to figure out what Jesus was trying to tell us as you read the text. Children don’t often hear the word ABIDE in everyday conversation.  If you will use it frequently in sermon and liturgy today, introduce it at the beginning of worship as the word of the day  – a la Sesame Street.  Display it on a large poster.  Translate it as “stay close to me” and/or “hang tight with me.”  Illustrate it with reference to reading everything you can and learning all the stats for a favorite athlete to learn to be like him or her or hanging out with an aunt or uncle you want to grow up to be just like.  Briefly suggest that today we will be talking about ABIDING with God and Jesus.  Identify specific ways we can hang out with God, Jesus and each other, e.g. worshiping, reading the Bible, taking care of people who need our help, etc. Encourage children to listen for ABIDE in the songs and prayers and readings today and to figure out what it means in each place it appears. Die preekriglyn begin met ’n verhaal oor die Simfonie Nr. 94 in G-majeur van Josef Haydn. Dit staan populêr bekend as die Verrassingsimfonie (“Surprise Symphony”). Die verrassing is die harde slag in die sestiende maat van die tweede beweging (Andante). Die musiek, gekomponeer vir Hayden se eerste besoek aan Londen in 1791-92, sus die luisteraar rustig as’t ware aan die slaap voordat ‘n harde slag van die keteltrom almal laat regop skrik, wawyd wakker. Dit verskaf ‘n inleiding vir die boodskap van hierdie teks. Onderweg na Jerusalem stap Jesus en sy volgelinge na ‘n krisis toe – ‘n krisis wat reuse uitdagings aan die volgelinge gaan stel. Daarom dat Jesus hulle as’t ware wakker skud met die verwysing na Miga 7:6: “Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring? Nee, sê Ek vir julle, eerder verdeeldheid, want van nou af sal vyf mense in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie” (v 51-52). Dis op hierdie punt dat Jesus ‘n harde slag, soos Josef Haydn, in die maat van sy boodskap inwerk. Jesus weet van die krisis wat kom – ‘n krisis waarin Hy die hoofrol gaan speel (in sy dood gedoop word). Hy is absoluut verbaas dat so min van sy volgelinge dit kan raaksien. Hulle wêreld is volgens hulle optrede nog dieselfde en niks is aan’t verander nie. Hulle is goed daarmee om die weer te voorspel (v 54-55); tog kan hulle nie twee en twee bymekaartel nie. Hulle neem nie waar wat rondom hulle gebeur nie: die Romeinse oorheersing, Herodes se onderdrukkende beleid, die ryk en arrogante hoëpriester in Jerusalem, die vals agendas van die Fariseërs en, te die midde van dit alles, Jesus wat as jong profeet die koninkryk van God en die genesing van siekes verkondig. Jesus se volgelinge besef nie dat dié moment in die hele geskiedenis van Israel gaan aanbreek nie! Tyd vir ‘n “surprise”.

Laai af: Word – PowerPoint

Lukas 12:32-40 – 07 Augustus

Koninkrykstyd 9

The Greatest Treasure deur Demi sluit baie goed aan by vers 34 van vandag se Skriflesing. Hier is ‘n video daarvan, of neem dit vir ‘n uur uit om in Familietyd te gebruik. Carolyn Browne stel voor dat jy die Skriflesing met drie mense doen, wat verskillende ligte ophou (teks ingesluit). Kinders kan papier-lanterns maak terwyl hulle saam na die preek luister. Die preekriglyn begin met die verhaal van iemand wie se kleindogter graag wegkruipertjie speel. Sy hou haar twee ogies styf toe, tel tot tien en roep dan: “Here I come, ready or not,” waarna sy opgewonde haar ma begin soek. So sê die Here Jesus vir gelowiges met hierdie teks: “Here I come, ready or not.” Daarom moet gelowiges altyd gereed wees om die Here te ontmoet wanneer Hy weer kom! Om dit te verduidelik, bespreek Jesus twee alledaagse gebeure in Lukas 12.  Eers fokus Hy op ‘n huiseienaar wie se verantwoordelikheid dit is om sy huis teen diewe te beskerm. As hy geweet het wanneer hulle kom, kon hy hulle ingewag het. Ongelukkig kom hulle onaangekondig; daarom moet hy bedags, maar ook snags voorsorg tref vir ingeval hulle hom sou verras en beroof. Dit vra dat hy altyd waaksaam en op sy hoede sal wees. Tweedens fokus Jesus op ‘n huishulp wie se verantwoordelikheid dit is om die eienaar se huis netjies en skoon te maak. Om dit te doen moet sy haar lang linnerok met ‘n gordel om die heupe vasbind. Sy doen dit sodat sy oral kan skoonmaak en nie verhinder word as sy wil buk of strek nie; ook sodat sy nie struikel en val terwyl sy die eienaar se besittings ronddra nie. Dit moet ‘n daaglikse, selfs uurlikse roetine wees, want sy weet nie wanneer die eienaar van die troue af gaan terugkom nie. Dit gaan heel waarskynlik onverwags wees – ná middernag of eers met hanekraai. Die huishulp moet egter altyd op haar pos wees, gereed om die eienaar by die deur te ontmoet. Dan moet die huis se ligte brand, die tafel moet gedek wees, daar moet kos in die oond wees en die bed moet skoon oorgetrek wees sodat dit vir die eienaar lekker sal wees om huis toe te kom. Gebeur dit nie, ervaar die eienaar teleurstelling, selfs verlies, en is daar geen vreugde in daardie huis nie.

Laai af: Word – PowerPoint

Lukas 12:13-21 – 31 Julie

Koninkrykstyd 8

Gebruik die idee van die vier hoeke van die liefde in Familietyd. Die tema daarvan is dat God se liefde meer word wanneer dit weggegee word. Jy benodig ‘n groot plakkaat met die woorde “God se liefde” daarop geskryf en ‘n skêr. Instruksies in die Word dokument. Die preekriglyn trek ‘n ooreenkoms tussen die eerste sin van ons teks met wat net sowel in vanoggend se koerant kon gestaan het: “Iemand uit die skare het vir Hom gesê: ‘Meester, sê vir my broer om die erfenis met my te deel.'” (vers 13) Mens is altyd bewus dat daar ander is wat meer het as jy. Of jy het die gevoel dat jy nie genoeg het nie. Hoe kan jy ook meer kry? Genoeg kry? Veilig voel omdat jy genoeg weg gesit het? Soos skaarsheid toeneem, so word mens in die versoeking gelei om al hoe meer te probeer versamel. Daarby moedig ons kultuur versamel en vermeerder aan. Ons sien gierigheid moeilik raak. Iemand het ‘n groot grondbaron eenmaal gevra wanneer mens genoeg grond het. Dié sê toe: “Wanneer jy al die grond besit wat tans aan jou grond grens.” So was dit in Jesus se tyd ook. Mense wil wen bymekaarmaak, meer hê. Dit is jou dryfveer, want die lewe het net ‘n aantal bronne. As iemand meer gaan kry as jy, gaan jy minder kry, swaarder kry, sukkel om te leef en te oorleef. Dit moet verhoed word. Dit is amper asof iets van jou weggeneem word wanneer ander iets kry of iets bereik. Dan sukkel jy om hulle geluk te wens en saam met hulle vreugde te ervaar. JP Versteeg, ‘n Nederlandse teoloog, skryf dat die egte God ‘n gewende God is en dat egte mense gewende mense is; daarteenoor is nemende mense onmense. So daag Jesus ‘n mens uit om wen-wen te dink met die wete dat daar genoeg vir almal is. Daarom het jy vreugde. Daar is ‘n verhaal van ‘n meisie wat arm grootgeword het en saans uitgeglip het om die buurt se mooi huise te bewonder. Tydens so ‘n uitstappie het sy gesien ‘n swembadhuisie se deur staan wawyd oop. Uit nuuskierigheid het sy ingeloer en ‘n sak marshmallows ontdek, wat sy dadelik opgeëet het. Daarna het sy gereeld die swembadhuisie besoek en elke keer ‘n sak marshmallows gekry. Jare later besoek sy weer die woonbuurt om te erken dat sy die marshmallow-dief was. Tot haar verbasing erken die buurvrou dat sy al die tyd geweet het dat dit sy was. Sy het doelbewus vir haar iets lekkers in die swembadhuisie neergesit. So behoort ons ook die oorvloed wat ons van die Here ontvang, aan ander uit te deel. Dit is nie net ‘n donasie nie. Dit is beslis nie om verskonings uit te dink oor hoekom jy dit of dat nie kan of wil doen nie. ‘n Jong man het eenkeer vir Norman Vincent Peale gesê dat hy sy eie besigheid wil begin, maar dat hy nie die geld het nie. Peale het geantwoord: “Leë sakke het nog niemand teruggehou nie, net leë koppe en leë harte kan dit regkry.”

Laai af: Word – PowerPoint