Lukas 12:49-56 – 14 Augustus
Koninkrykstyd 10
Die fokusteks is moeilik om vir kinders oop te breek. Ons kies om Johannes 15 (die wingerdstok) as tema te gebruik. Ingesluit die teks uit die Nuwe Testament vir kinders. Carolyn Brown suggereer…
Urban children do not know much about pruning, unless their parents are gardeners. The easiest way to help them get this story is to present a dead branch and ask if leaves or fruit will ever grow on this branch. Pursue the discussion to the point that branches have to stay attached to the tree to stay alive. Note that the same thing is true of vines. The branches of vines curl up and die when cut from the vine. Then challenge listeners to figure out what Jesus was trying to tell us as you read the text. Children don’t often hear the word ABIDE in everyday conversation. If you will use it frequently in sermon and liturgy today, introduce it at the beginning of worship as the word of the day – a la Sesame Street. Display it on a large poster. Translate it as “stay close to me” and/or “hang tight with me.” Illustrate it with reference to reading everything you can and learning all the stats for a favorite athlete to learn to be like him or her or hanging out with an aunt or uncle you want to grow up to be just like. Briefly suggest that today we will be talking about ABIDING with God and Jesus. Identify specific ways we can hang out with God, Jesus and each other, e.g. worshiping, reading the Bible, taking care of people who need our help, etc. Encourage children to listen for ABIDE in the songs and prayers and readings today and to figure out what it means in each place it appears. Die preekriglyn begin met ’n verhaal oor die Simfonie Nr. 94 in G-majeur van Josef Haydn. Dit staan populêr bekend as die Verrassingsimfonie (“Surprise Symphony”). Die verrassing is die harde slag in die sestiende maat van die tweede beweging (Andante). Die musiek, gekomponeer vir Hayden se eerste besoek aan Londen in 1791-92, sus die luisteraar rustig as’t ware aan die slaap voordat ‘n harde slag van die keteltrom almal laat regop skrik, wawyd wakker. Dit verskaf ‘n inleiding vir die boodskap van hierdie teks. Onderweg na Jerusalem stap Jesus en sy volgelinge na ‘n krisis toe – ‘n krisis wat reuse uitdagings aan die volgelinge gaan stel. Daarom dat Jesus hulle as’t ware wakker skud met die verwysing na Miga 7:6: “Dink julle dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring? Nee, sê Ek vir julle, eerder verdeeldheid, want van nou af sal vyf mense in een huis verdeeld wees, drie teen twee en twee teen drie” (v 51-52). Dis op hierdie punt dat Jesus ‘n harde slag, soos Josef Haydn, in die maat van sy boodskap inwerk. Jesus weet van die krisis wat kom – ‘n krisis waarin Hy die hoofrol gaan speel (in sy dood gedoop word). Hy is absoluut verbaas dat so min van sy volgelinge dit kan raaksien. Hulle wêreld is volgens hulle optrede nog dieselfde en niks is aan’t verander nie. Hulle is goed daarmee om die weer te voorspel (v 54-55); tog kan hulle nie twee en twee bymekaartel nie. Hulle neem nie waar wat rondom hulle gebeur nie: die Romeinse oorheersing, Herodes se onderdrukkende beleid, die ryk en arrogante hoëpriester in Jerusalem, die vals agendas van die Fariseërs en, te die midde van dit alles, Jesus wat as jong profeet die koninkryk van God en die genesing van siekes verkondig. Jesus se volgelinge besef nie dat dié moment in die hele geskiedenis van Israel gaan aanbreek nie! Tyd vir ‘n “surprise”.