Matteus 5:21-37 – 12 Februarie

Sesde Sondag na Epifanie

Ons kies vir die gedeelte oor “kwaad word”. Carolyn Brown se bydrae: “The sayings about anger may be the most challenging for people of all ages.  Jesus begins by setting aside the belief that it’s OK to be angry as long as you don’t act on it in a way that hurts someone.  Fortunately he also seems to assume that everyone does get angry and then offers a suggestion about coping with anger.  The specifics of his suggestion are foreign to children today, but the idea behind them is still the best advice available to children.  To today’s children Jesus says, Everyone gets angry.  It just happens.  Good people get angry as often as bad people do.  Adults, teenagers, and children all get angry.  So the question is, “what do you do when you get angry?” First (and Jesus doesn’t suggest this in Matthew), take a little break.  Give yourself time out, count to ten, do something physical (shoot baskets, scrub a floor), enjoy your favorite music, whatever works for you.  If you feel like shouting and calling someone names, do it where no one else can hear. Next (and Jesus does say not to wait too long to do this), name the problem that makes you angry and figure out something to do about it.  The Bible says, “be reconciled” with the person who made you angry.  That means work it out with It with them.  Figure out how to solve the problem between you.  That is not easy.  Frequently it helps to get advice or help from other people.

In die vroeë Christelike gemeenskappe was daar intense gesprek oor die rol van die wet. Mens lees bv. in Handelinge watter krisis die insluiting van nie-Jode, wat nie aan die wet onderworpe was nie, vir Joodse gelowiges van Jesus geskep het. Hoe kon diegene wie se hele identiteit deur die wet bepaal is saam met diegene aanbid vir wie dit ‘n totaal vreemde verskynsel was? Hoe lyk wetsgehoorsaamheid vir ‘n volgeling van Jesus? Het Jesus die wet omver gewerp? Handhaaf Jesus die wet sonder meer? Is dit waar dat die navolgers van Jesus spoedig die wet sou minag? Vandag nog is daar mense wat die wet sterk en letterlik wil toepas. Dan is daar gelowiges wat reken hulle is volkome vry van die wet. Hoe leer Jesus ons hieroor? Jesus se Bergrede toon aan dat Jesus die gesaghebbende uitlegger van die wet was. Soos Moses het Hy teen ‘n berg uitgegaan en aan sy volgelinge ‘n nuwe manier van leef uitgestip wat nie die wet vernietig het nie, maar dit eerder vervul het. Matteus toon ook aan hoedat Jesus die wet vervul het. Volgens Matteus het Jesus die beginsels onderliggend aan die wet uitgelig en uitgeleef. Daarom word geloofsgemeenskappe geroep om Hom hierin te volg. Die wet is nie vir hom ‘n grensmerker tussen Jode en nie-Jode nie, maar ‘n uitdrukking van God se genade, liefde en geregtigheid wat hulle aan mekaar en God bind. Matteus 5:21-37 is daarom nie stellings wat die wet tersyde stel nie, maar voorbeelde van hoe om dit te vervul.

Laai af: WordPowerPoint

 

Matteus 5:13-20 – 5 Februarie

Vyfde Sondag na Epifanie

Hier is ‘n baie oulike uitgewerkte byeenkoms met ‘n boodskap, idees vir aktiwiteite, inkleurprente, prente van verskillende soorte lig en ‘n doolhof-prent van praktiese maniere waarop ‘n mens sout en lig kan wees. Jon Stevens stel voor jy speel met glowsticks! Gesels oor hoe ‘n mens nie jou glowstick se lig gaan wegsteek nie. Jy wil hê mense moet dit sien. Dis dieselfde met Jesus. Ons het hierdie wonderlike geskenk. Ons gaan dit nie vir onsself hou nie, maar dit met almal deel! Jy kan ook die punt illustreer deur een van die kinders ‘n gekookte aartappel sonder sout te laat eet. (Of vis en tjips sonder sout!) Vra of die kind wil sout hê, gooi bietjie oor, vra hoe dit anders is – en gesels dan oor die verskil wat sout maak en hoe ons ander se lewens beter kan maak.

Ons vind in die Nuwe Testament verskillende beelde waarmee die identiteit en die taak van die kerk in die wêreld uitgebeeld word. Twee van die bekendste en treffendste beelde vind ons in Matteus 5:13-16. Hierdie verse noem die kerk sout van die aarde en lig vir die wêreld (1933/1953-vertaling). Die twee beelde of metafore sê wie die kerk is en wat die kerk se taak en roeping is. Dit funksioneer as ‘n soort program van werksaamhede wat Jesus hier uitwerk en aan die dissipels oorhandig vir uitvoering. Die twee metafore is ryk en diep aan betekenis. Ons kyk na enkele aspekte daarvan en hoe dit in ons konteks van toepassing kan wees.

Laai af: WordPowerPoint

Matteus 5:1-12 – 29 Januarie

Vierde Sondag na Epifanie

The catawampus cat is ‘n boek deur Jason Carter Eaton en vertel die storie van ‘n kat wat na die een kant toe geleun en só geloop het, en hoe dit die hele dorp gehelp het om anders na die lewe te kyk. Hanna Shock vra aan die begin van haar webjoernaal (blog): “Is Christ catawampus?” Kry dit by hierdie skakel. Dit sluit mooi aan by Matteus 5 en 1 Korintiërs 1.

Die saligsprekinge is die inleiding tot Jesus se Bergrede (Matt 5–7). Dit is ‘n teks wat uitnooi en afstoot, inspireer en repudieer, troos en vermaan. Bo alles laat die Bergrede die vlam van hoop vir nuwe mense in ‘n nuwe wêreld brand. Reg aan die begin van sy preek maak Jesus dit duidelik dat geloof sonder navolging, vroomheid sonder dissipelskap nutteloos is. Die eintlike dinamiet van die saligsprekinge lê in die vreemde geluk wat belowe word aan mense wat ons nie juis as gelukkig beskou nie. Die armes, treurendes, sagmoediges, vredemakers, mense wat terwille van Christus vervolg en beledig word; ja, diegene wat in die hoek sit waar die klappe uitgedeel word. Hulle is volgens Jesus die werklik gelukkiges, die geseëndes. Die onuitspreeklike troos is dat Christus, wat deur sy Gees in ons woon, hierdie radikale gehoorsaamheid van ons vra. Die saligsprekinge is nie “the seven habits of highly successful people” nie. Dit is eerder beloftes aan mense wat in ons oë juis nie suksesvol is nie, wat sukkel om reg te kom in die lewe en daarom hul lewe en geluk by die Here soek. Dit is beloftes van ons hemelse Vader wat in Matteus 6:33 sê: “Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God en Hy sal julle al die ander dinge gee.”

Laai af: WordPowerPoint