Hebreërs 4:14-16; 5:7-9 – 7 April

Goeie Vrydagdiens

Jy kan die verhaal van Jesus se kruisiging met behulp van ‘n goeie Kinderbybel vertel of ‘n video soos hierdie. Hebreërs herinner ons dat Jesus as mens geleef het en daarom weet hoe dit is om ‘n mens te wees. Hy het beleef wat ons beleef. Nou kan ons op Hom vertrou wanneer dinge vir ons te moeilik is. Ek onthou ‘n storie uit my kinderdae wat iemand vertel het (Louis Malherbe?) oor iemand wat miertjies sien wat op ‘n ramp afloop. Hy skree hard om hulle te stop, maar dit help nie. Al manier wat hy hulle kan stop, is as hy self ‘n miertjie kon word. Kitten for ‘n day is die storie van ‘n hondjie wat vir ‘n dag lank ‘n katjie is. Jy kan dit gebruik om die konsep van Hebreërs oor te dra. Daar is nie veel woorde nie – wees kreatief met die “lees”! Hier is ‘n video, maar jy kan dit koop vir Kindle. Hier is nog ‘n klomp kreatiewe idees.

Vandag, hier op Goeie Vrydag, help die Hebreërbrief ons om die betekenis van Jesus se lewe en sterwe te ontsluit. Dit vermaan ons (om aan God en Jesus te bly vashou, asook om staande te bly in ons geloof) en dit bemoedig ons omdat ons ‘n Hoëpriester by God het wat vir ons intree en ons begelei. Vir modern lesers kan die Hebreërbrief vreemd voorkom omdat ons die tempeldiens van destyds nie meer so goed ken nie. Die skrywer gebruik egter die wêreld en die gebruike van die tempel om die betekenis van Jesus se bediening en God se werk in en deur Jesus vir ons te ontsluit. Hy beklemtoon dat Jesus vir ons die hoogste en finale hoëpriester is. Christene hét ‘n volmaakte Hoëpriester, beter as enige Joodse hoëpriester, nie bloot ‘n dienaar nie, maar Seun van God. Hy het “deur die hemele gegaan” en sit aan God se regterhand” (1:3). Dus, anders as die hoëpriesters wat een maal jaarliks, boonop indirek, in God se teenwoordigheid kon wees, is Jesus gedurig en direk daar om vir ons in te tree. Terwyl die verhoogde Christus nader aan God is as menslike hoëpriesters, is Hy tog nie heeltemal bo ons verhewe nie. As een wat soos ons versoek is, het Hy medelye met ons swakhede. Kortom, Jesus is as God en mens die volmaakte Middelaar, volkome verteenwoordigend van God en van mense.

Dat Christus die volmaakte Hoëpriester is, word die grondslag vir twee oproepe wat die Hebreërbrief in ons teks maak. Gelowiges moet

  • Styf aan ons belydenis dat Jesus die Here is en aan ons toewyding aan God vashou;
  • In Christus bly leef in die vrye toegang wat ons tot God het.

Laai af: Word – PowerPoint

Psalm 118:1-2, 19-29 – 2 April (Palm Sondag)

Palmsondag

Lees die gebeure van Palmsondag (Jesus op die donkie) uit die NT vir kinders… Carolyn Brown suggereer die volgende: “The only reason to order the little strips of palms is to use them as Bible bookmarks or to make them into palm crosses.  To do the latter follow the directions with photographs at Making Palm Crosses at King of Peace Church. I heard about one worship leader who walked the whole congregation through making palm crosses of their own during the worship service, projecting the step by step photographs.  Worshipers were urged to take their crosses home to post on the refrigerator, a bathroom mirror, or some other visible spot where it can dry during the year.

Dit is vandag Palmsondag. Ons vier vandag Jesus se intog in Jerusalem, waar die skare palmtakke swaai en neergooi en volgens Matteus 21:1-11 uitroep: “Hosanna vir die Seun van Dawid! … Hosanna in die hoogste!” (2020-vertaling). Die skare gebruik ook Psalm 118:26 as hulle uitroep: “Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” (Matt 21:9). Kom ons oordink ons teks uit Psalm 118 saam. Dit gee ons ryke stof om ons ook vandag oor die lydende Here te verheug.

Psalm 118 vier die wonderlike belofte dat daar aan God se liefde geen einde is nie. Psalm 118 is die laaste Psalm in ‘n hele reeks Psalms, van 110 tot 118, wat gelowiges help om te fokus op God se beloftes. Al hierdie beloftes word nou afgerond met die gedagte dat daar aan God se liefde geen einde is nie, soos Hy dit oor en oor in die geskiedenis bewys het.  Daarvan moet Israel getuig.  Daarvoor moet Israel God loof.

Dit is dan ook uit dié hoek wat ons die skare se woorde met die intog in Jerusalem moet hoor as hulle die woorde uit Psalm 118:26 gebruik: “Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” soos Matteus dit vir ons vertel (Matt. 21:9).  Psalm 118:27 maak dan net soveel meer sin: “Begin die fees!  Wuif met takke!”  Hoewel die fees in Jesus se geval natuurlik geëindig het by sy kruisdood. Die beloftes van die Here in Psalm 110-118 is dus met die koms van Jesus vervul.   So interpreteer die vier evangelieskrywers dit (Mark 11; Matt. 21; Luk. 19; Joh. 12).  Selfs die skare in Jerusalem kon dit nie inhou nie en het Hosanna vir die Koning gesing.  Ook Jesus was baie bewus daarvan dat sy lewe die boodskap van die Psalms vervul het, soos ons lees in Luk. 24:44: “dat alles vervul moet word wat in die … psalms oor My geskrywe is“.

Die Psalm herinner ons aan die vreugde van gebedsverhoring.  Dit onderstreep dat God goed is, dat aan sy liefde daar geen einde is nie, en dat ons van Hom kan verwag dat Hy altyd só sal wees.  Die Psalm herinner ons ook aan die voorreg om deur lofprysing en danksegging ‘n getuienis af te lê van wie God ook vir ander kan wees.  Aan sy liefde is daar geen einde nie, voorwaar!

Die Psalm herinner ons ook aan die Here Jesus wat volgens die Nuwe Testament die belangrikste klip in die gebou geword het, vir die hele Ou Testamentiese en Nuwe Testamentiese geloofsgemeenskap regdeur die eeue. Hy is van volslae vernedering aan die kruis verhoog tot die hoogste heerlikheid in God se wêreld.

Daarom: “Begin die fees!  Wuif met die takke!”  Getuig van wat God vir jou gedoen het, en bly in gebed vir dié dinge waar daar nog uitkoms nodig is.  Die Psalm het inderdaad ‘n boodskap wat vandag nog ons met vreugde en verwagting vul.

Ek wil die Here prys, sê vers 21. Dit is wat ons vandag doen. God is groot. Daar is geen einde aan sy liefde nie!

Laai af: Word – PowerPoint

Psalm 31:9-16 – 2 April (Passie Sondag)

Passie Sondag

Jy kan die storie van Jesus se lyding met behulp van ‘n storiewiel vertel. Kinders kan dan hul eie storiewiele maak en die verloop op hul eie storiewiele volg. Hier is ‘n gratis een. Help almal om papier kruise te maak. Kyk hier om om dit met een stuk papier te maak. Jy kan ook die verhaal van Jesus se kruisiging vertel m.b.v. ‘n vel papier (en ‘n skêr).  Klein handjies wat moet besig wees om te kan stilsit, sal hou van ‘n inkleurprent.

Die Leesrooster se keuse van verse 9-16 is in die 2020-vertaling eintlik verse 10-17. Die 2020-vertaling se teksindeling word in hierdie preekriglyn gebruik.

Psalm 31 pas op die lippe van iemand wat uit groot ellende tot God bid. Jesus het vers 6 aan die kruis gebid: In U hand gee Ek my gees oor…. Vandag nog verwoord hierdie psalm die verlange en sug na God uit omstandighede van swaarkry en druk. Ons teksgedeelte is ‘n tipiese psalm van klag- of lament. Lament of klag is ‘n ondergewaardeerde element van gebed of wyse om in God se teenwoordigheid te wees. Baie psalms stel vir ons die voorbeeld, Hierdie vorm van klag of lament is nie ‘n gewone geklaery nie. Dit is gebed as klag wat met God rekening hou, en diep aangedryf deur geloof die huidige omstandighede met God se teenwoordigheid in verband bring.

Die lament reflekteer die totaliteit van die lewe en beskryf die lewe soos dit is. Die lewe bestaan nie slegs uit voorspoed nie. Dit behels ook pyn, verdriet, donkerte en boosheid. Dit illustreer dat dit nie verkeerd is of ‘n daad van ongeloof om teenoor God te kla oor teëspoed nie, of om God selfs daarvoor verantwoordelik te hou nie.

Die lament se belangrikste funksie is oorreding. Enersyds wil dit God oorreed om sy houding ten opsigte van die klaer te verander en om beslissend te handel. Andersyds wil dit die bidder/klaer oorreed om op die Here te vertrou, ten spyte van ‘n klaarblyklik hooplose situasie.

Laai af: Word – PowerPoint