Handelinge 2:14a, 36-41 – 23 April

Derde Sondag van Pase

Carolyn Brown suggereer dat die preek van Petrus en die reaksie van die gehoor gebruik word as ‘n opvoering van die gebeure: “1) To bring this reading to life, set the scene at 50 days after Easter and either summarize or read verses 22-24 to flesh out Peter’s message about Jesus.  One reader then reads Peter’s message from the pulpit.  A second reader rises from the congregation to read how the crowd responded.  This reader may be seated on the first row and turn to face the congregation or may be seated (probably with a radio mike) in the middle of the congregation rising to read in place. 2) People responded to Peter’s message.  They didn’t just listen, they did something.  They believed and got baptized.  It is a good day to walk children and the congregation through the believing rituals of your congregation – infant or believer’s baptism, confirmation, and such practices as first communion rites or Rite 13.  Describe them and illustrate them by having a prepared person who has recently undergone each ritual stand as you describe it.  In some congregations you may be able to ask the person to say briefly what was important about that ritual for him or her.  Try to include people of all ages.  (This may be helpful for many adult worshipers who are new to your traditions as well as lead children to look forward to their rites of believer’s passage.)

Die preekriglyn sluit by die feit aan dat ons die waarheid dikwels met ‘n gesindheid van apatie en onverskilligheid benader. God praat en nooi ons uit, maar ons voeg nie daad by die woord nie. Petrus was nie iemand wat sy woorde omgedraai het nie. In sy preek op Pinksterdag, met die uitstorting van die Heilige Gees, praat hy intens en dringend. Hy wil by die waarheid oor Jesus uitkom, en is nie juis taktvol nie. Heel reguit praat hy oor Jesus wat deur God aan Israel bekendgestel is, maar toe het “julle … Hom deur heidene aan die kruis laat spyker en Hom doodgemaak” (23). Petrus se ernstige en intense woorde moraliseer of veroordeel nie. Dit verf die Israeliete nie in ‘n hoekie vas waaruit hulle nie kan kom nie. Dit spoor hulle aan tot aksie. Dit verg ‘n respons. Hulle moet iets doen met die beslissende en wonderbaarlike dade van God in Jesus Christus van Nasaret. Doen nou iets daaraan!

Laai af: Word – PowerPoint

Handelinge 2:14a, 22-32 – 16 April

Tweede Sondag van Pase

Die Skriflesing is baie moeilik om vir kinders toeganklik te maak. Jy kan die Skriflesing uit ‘n kinder-vriendelike vertaling doen, soos Die Nuwe Testament vir Kinders. In die teksgedeelte vat Petrus die geloof saam en bely sekere dinge oor Jesus. Eerder as om saam met families spesifiek op die teksgedeelte te fokus, gebruik eerder vandag die kans om te gesels oor die Apostoliese Geloofsbelydenis.  Die familie-oomblik is dan deel van die “Rus” deel van die liturgie, hoewel dit ook voor die preek kan gebeur. DinkJeug het ‘n paar baie oulike idees en video’s hiervoor. Daar is ook ‘n bladsy met deelnemende aktiwiteite. Jy sou die bladsy se idees kon gebruik en prente van die verskillende goed bring, om kinders te help om die geloofsbelydenis te leer. ‘n Ander lekker opsie kom van Durbanville-Bergsig: op hul video is daar bewegings wat pas by die geloofsbelydenis.

Die preekriglyn fokus op die mees wesenlike vraag vir die Christelike geloof: wie Jesus van Nasaret is. Die belydenis oor Jesus is die fokuspunt van ons geloof. Dit raak alle ander fasette daarvan. Regdeur die geskiedenis van die kerk is die vraag oor wie Jesus is, die vraag waarop die kerk met dringendheid moes reageer. Dit is ook die vraag wat die vier evangelies wil beantwoord. Al vier die evangelies, wat verkondiging is van wie Jesus van Nasaret is, eindig met die opstanding uit die dood. Mens kan sê die evangelie is lang inleidings van die opstandingsverhale. Vanuit Jesus se opstanding moet alles wat dit voorafgaan, verstaan word. In Handelinge toon Lukas aan dit wat op die opstanding volg, ook belangrik is. Jesus is ook verhoog aan die regterhand van God, en stort die Heilige Gees uit. Vir Petrus tydens sy toespraak op Pinksterdag word die vraag oor Jesus se identiteit vanuit die opstanding en die hemelvaart beantwoord.

Soos baie van die Jode van Jesus se tyd, kan mens hierdie gebeure voor jou sien afspeel, of daarvan hoor. Tog is dit nie vanselfsprekend dat hierdie feitelike of historiese kennis van Jesus tot geloof sal lei nie. Anders gesê: egte kennis van Jesus is geloofskennis. Geloof in Christus is nie net om van Hom te weet nie. Dit is spesifiek op Hom te vertrou, en Hom te volg as die weg, die waarheid en die lewe.

Die regte reaksie op Petrus se toespraak is daarom geloof en gehoorsame toewyding.

Die hele Israel moet nou vas en seker weet: God het hierdie Jesus, wat julle gekruisig het, Here en Christus gemaak! (36)

Daarop fokus ons in volgende week se Woordverkondiging.

Laai af: Word – PowerPoint

Jeremia 31:1-6 – 9 April

Paassondag Feesdiens

Ons vier die opstanding van die Here… Lees die teks uit Die Nuwe Testament vir Kinders. Voltooi die leidrade (uit hierdie teks) van bo na onder om die sleutelwoord te identifiseer wat met die opstanding van Jesus gebeur het.

Ons teks uit Jeremia 31 openbaar God se karakter. God is dié Een wat nuwe dinge doen. Juda, die suidelike twee stamme van Israel,  is op hierdie stadium in ballingskap. Die noordelike tien stamme is reeds lank tevore in ballingskap weggevoer. Dit is weens God se oordele oor hulle volhardende sonde. Die boek Jeremia is vol oordeelsprofesieë. Tog ontmoet ons hier in hoofstukke 30 en 31 hoopvolle aankondigings van God se genade. God sal weer ‘n nuwe begin met die volk maak. Waarom begin die Here nuut met hulle? Slegs vanweë God se ewige liefde vir die volk en God se trou aan die volk.

Al die beloftes en bedoelinge van God waarvan die Ou Testament getuig, word in Jesus van Nasaret waar. Die Seun van God word mens omdat God se ewige liefde vir Israel nie geblus kan word nie. Hierdie ewige liefde spoel in Jesus wyer as net die etniese volk Israel. Dit is vir die hele wêreld bedoel, ‘n uitnodiging tot geloof.

Die nuwe begin wat God in Jeremia 31 beloof word in Jesus volkome waar. Dit word spesifiek op Paassondag volkome waar. Dit word waar wanneer die graf oopgaan en God uit die gebroke liggaam van Jesus nuwe lewe skep – anderkant die graf en anderkant die mag van sonde.

Dit is vir ons. Deur geloof in Jesus deel ons in hierdie nuwe begin wat God maak. Dit is ‘n duur begin. Dit kos die kruis. Dit is ook ‘n gratis begin, ons ontvang dit deur die leë hande van geloof. Deur geloof word ons nuutgemaak. Nou reeds. Terwyl ons steeds uitsien na die einde van die tye wanneer die nuwe begin in Jesus alles nuut sal maak, en God alles in almal sal wees.

Met Paassondag kom ons inderdaad by die feitelike hart van ons geloof staan. Die historiese feit van die leë graf, deur soveel getuies bevestig, werp lig op die hele Bybel en op al die dade van God. Alles maak sin vanuit die lig wat van die opgestane Jesus uitstraal.

Laai af: Word – PowerPoint