Skrywer: Webmeester

Romeine 13:8-14 – 10 September

Vyftiende Sondag in Koninkrykstyd

Somebody Loves You, Mr. Hatch! deur Eileen Spinelli vertel die storie van Mnr Hatch. Wanneer Mnr Hatch besef dat hy geliefd is, verander sy lewe – en sy optrede, op so ‘n manier, dat die mense om hom ook verander. Storie met ‘n lieflike “twist”! Beskikbaar by Loot, of kyk hier.

Paulus beskryf die wyse waarop ons ons verlossing in Christus moet uitleef vanaf Romeine hoofstuk 12. Hy sê in Romeine hoofstukke 12 en 13:

  • Gee julleself as lewende offers aan God;
  • Besef julle het almal besondere gawes;
  • Tree in liefde op teenoor medegelowiges en teenoor jul vyande;
  • Onderwerp julle aan die owerhede.

Dan word die gelowiges weer in hierdie teksgedeelte opgeroep om mekaar lief te hê en met die oog op die komende wederkoms spesiaal te let op hul gedrag en te leef as mense van die lig.

Laai af: WordPowerPoint

 

Romeine 12:9-21 – 3 September

Veertiende Sondag in Koninkrykstyd

Gesels met die kinders oor die vis (salm) wat stroomop swem. Die teks in Romeine 12 vra ons ook soms om teen die stroom te swem. Maak dit prakties met voorbeelde uit hulle konteks. Sluit af met die karaktereienskap van liefde wat altyd sigbaar is in die kinders van die Here. Meer inligting oor salms ingesluit. Die preekriglyn sluit aan by Paulus wat vanaf hoofstuk 12 besig is met ‘n nuwe gedeelte van die brief, gewy aan die oproep om in ooreenstemming met die verlossing te gaan lewe. Paulus se voorskrifte het hoofsaaklik op verhoudings betrekking wat bou op die offer van jouself aan God. As jy genade ontvang het en jouself offer as lewende offer in diens aan God, beteken dit diensbaarheid en liefde teenoor jou naaste. Elke gemeentelid het wel afsonderlike genadegawes, maar alle gemeentelede het gemeenskaplik één groot gawe ontvang: die liefde wat alle ander gawes oorheers en beheer.

Laai af: WordPowerPoint

Romeine 12:1-8 – 27 Augustus

Dertiende Sondag in Koninkrykstyd

Gesels in Familietyd oor die ervaring van legkaart bou – en dan kom jy agter daar is ‘n stukkie weg! Of bou saam ‘n eenvoudige legkaart, maar hou een van die stukke terug. Jy kan ook gesels oor iets meganies wat aanmekaar gesit word, maar aan die einde is daar skroewe oor. Elke deel is nodig en belangrik. Net so in die kerk. Hier kan jy prente van legkaarte kies wat kinders kan teken/inkleur en knip. As jy ‘n storie wil vertel, kan jy die oulike storie van Head, Body, Legs: A Story From Liberia deur Won-Ldy Paye  & Margaret Lippert vertel. Kinders sal dit ook geniet om papierpoppe te maak, waar hulle self die liggaamsdele saam kan voeg. Hier is ‘n patroon.

Die preekriglyn sluit aan by die teks wat ons vandag nooi om onsself aan die Here weg te gee, onsself te offer. Dit is ‘n reaksie op die gedagtegang in die Romeinebrief tot dusvêr:

  • In die eerste hoofstukke van Romeine 1–4 word ‘n prentjie geskets van die weerstandige mensdom teenoor wie God keer op keer meer genadig handel.
  • In Romeine 5–8 verduidelik Paulus dat God gelowiges bevry het van magte soos sonde wat hul lewe en verhoudings wil vernietig.
  • In Romeine 9–11 werp Paulus lig op die rol van die Jode en hoe nie-Jode ingetrek word in die ruimte van God se genade.

In Romeine 12 fokus Paulus op hoe om daagliks vanuit die genade te leef wat ons reeds ontvang het. Romeine 12 skets wyse gedragsriglyne vir gelowiges oor hoe om mekaar en ander te behandel. Dit wentel om sewe gawes wat eintlik baie prakties is. Gawes wat daarop fokus om die liggaam gesond, gelukkig en saam te hou. So ‘n lewe is ‘n doelbewuste keuse van ons kant, op grond van alles wat God vir ons in Christus geskenk het. Daarom sê Paulus: “Stel julle liggame as ‘n offer aan God beskikbaar.” Die Heilige Gees lei ons in hierdie proses en maak dit moontlik dat ons só kan lewe.

Laai af: WordPowerPoint