Sleuteltekste 2020-21

Hier is die Sleuteltekste vir die kerkjaar 2020-21. Dit vorm die basis vir die 24ste uitgawe van Woord en Fees (voorheen bekend as Preekstudies met liturgiese riglyne). Dit kom ook vanjaar in ’n nuwe formaat. Bybel-Media stel dit elektronies beskikbaar. Jy sal dit vind by Missio.org.za.

Op plekke is die Revised Common Lectionary opsy geskuif om plek te maak vir wat die opstellers meen toepaslike temas en tekste vir hierdie tyd van Covid-19 is. Die uitgangspunt is steeds om sover moontlik aan die hand van die tekste van die Revised Common Lectionary en die ritme van die seisoene van die kerklike jaar kreatiewe voorstelle vir prediking én liturgie aan te bied.

Laai af: WordExcel

Comments (2)

  • Ek is inn ‘n Deeltydse Leraarspos en het ‘n voltydse ander werk. In die veerlede was dit maklik om my beplanning vooruit te doen aangesien die gedrukte bundel beskikbaar was en met my beperkte tyd kon ek in stiler tye reekse soos die Groot Lydensweek en Pinkster vooruit beplan.

    Nou word die tekste egter maandeliks vrydestel en word dit moeilik om hierdie soort van van beplanning te doen. Dit maak dit regtig moeilik vir my en as ek dan na ander bronne moet gaan kyk is my vraag of dit dan nog die moeite werd is om langer hierdie pad te loop.

    • Hi Tinus – dit is ‘n besluit van Bybel-Media wat jy met hulle kan opneem (Lida Viljoen – 021 864 8202). Ek het baie begrip vir die dilemma. Hoop jy kom reg.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui