Psalm 96 – 25 Desember

Kersfees

Met Familietyd kan jy Sally Lloyd-Jones se “Song of the Stars” lees (vertaal dit self in Afrikaans). Jy kan dat die hele gemeente – of minstens die kinders – telkens saam met jou sê “Dis tyd! Dis tyd!” Die Psalm wat vandag wêreldwyd gelees word, is Psalm 96. Daar is twee redes daarvoor.  Aan die een kant roep Psalm 96 ons op om te sing. Om te sing van die verlossing wat die Here bring. Iets wat natuurlik onlosmaaklik met die eerste Kersfees verbind is. Met Jesus se geboorte het die hemele gebewe van die sang van engele oor die Verlosser wat in ‘n krip in Betlehem gebore is. Aan die ander kant verkondig Psalm 96 aan ons dat ons die Here moet aanbid. Want, daar kom ‘n dag waarop God finaal sal oordeel. Billik en regverdig. Oor alle mense. ‘n Oordeel wat ons natuurlik onlosmaaklik aan die laaste Kersfees verbind. Aan Jesus se wederkoms. Wanneer die hemele weer sal bewe van die lofsang van die ganse heelal oor die nuwe hemel en nuwe aarde wat God skep. Psalm 96 help ons dus om aan die een kant terug te kyk na die geboorte van Jesus en te sing van die verlossing wat Hy gebring het. Psalm 96 help ons ook om aan die ander kant vorentoe te kyk na die wederkoms van Jesus en uit te sien na die finale verlossing wat Hy gaan bring. Psalm 96 help ons om tussen die eerste Kersfees en die laaste Kersfees – by wyse van spreke – te leef. In lofsang en aanbidding.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui