Psalm 80:1-7, 17-19 – 18 Desember

Vierde Sondag in Advent

Ons kies vir ’n tema onverwant aan die fokusteks – ’n Kersstorie. Gebruik die storie van Vonkel (deur Linda Fourie) vir die kindertyd. Verkort gerus na goeddunke.

Simon and Garfunkel het ‘n treffende weergawe van die bekende lied “Stille Nag” gesing met die titel “7 O’clock News/Silent Night“. Die eerste woorde van die lied is stil en rustig, maar dan word daar in die agtergrond nuusberigte voorgelees oor die misdaad, moorde en ontvoerings van die jaar. Namate die lied aangaan, word die nuusberigte al hoe harder totdat jy die lied amper nie meer kan hoor nie en dit eintlik net soos geraas klink. Dan, skielik, stop die berigte en die lied. Hierdie Kerslied  laat mens wonder: Bestaan die Stille Nag waarvan ons so graag sing? Hoe is die geboorte van die Kersbaba daardie geseënde nag in Bethlehem steeds goeie nuus? Kan die genade en stilte voor God die rumoer van die wêreld stil maak en ons fokus op God se genadige teenwoordigheid?

Psalm 80 is ‘n klaaglied wat ons daarmee kan help, omdat dit die nood van God se mense ook vandag nog in die teenwoordigheid van God uitspreek. In die Psalm roep die digter herinneringe op van hoe God eens vir hulle gesorg het en by hulle was, maar dat hulle nou verlate voel. Daar is onsekerheid of God hulle dalk nie self in hul omstandighede laat verval het nie. Daarmee kan ons ook identifiseer. En in die uitstort van ons klagtes voor God kan ons ons herinner dat met Kersfees lank gelede die Here Jesus Christus ons kom verseker het dat daar geen skeiding is tussen die mens en God nie. God sorg steeds. Christus se koms is die versekering dat God nie sy rug gedraai het vir ons as gelowiges nie.

Laai af: WordPowerPoint

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui