Psalm 22 – 2 April

Goeie Vrydag

Om die gedagte van Godverlatenheid oor te dra, kan jy vir die kinders vra of hulle al ooit in die middel van die nag in die donker wakker geword het en gevoel het hulle is alleen.  Laat hulle vertel hoe dit voel.  Verduidelik dat dit amper is hoe Jesus aan die kruis gevoel het – en hoe ons ook soms voel.  Ons voel alleen en dink God is nie by ons nie.  Net soos wat Pappa en Mamma tog naby is, al voel ons alleen, is God ook steeds naby. Lydenstyd 2021 gedenk die tweede jaar waarin die wêreld in die knyptang van Covid-19 verkeer. Ons ken almal viende of familielede wat hul lewens weens Covid-19 verloor het of dit oorleef het maar bly worstel met ernstige, moontlike lewenslange komplikasies. Waar kry ons woorde om hieroor met God te praat? In die donkerste oomblik in die wêreld se geskiedenis, wanneer Jesus gebroke aan die kruis hang, kies Hy die woorde van Psalm 22 om sy ellende voor God te verwoord:  “My God, my God, waarom het U my verlaat?”  Hierdie psalm gee aan Hom woorde om sy diepste gevoel, sy klaaglike toestand, voor God se troon uit te stort.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui