Psalm 139:1-6, 13-18 – 17 Januarie
Tweede Sondag ná Epifanie

Gebruik ‘n reeks voorgeboortelike sonarfoto’s van verskillende diere en kyk of die kinders die verskillende diere kan herken. Wys dan ook sonarfoto’s van babas en vra die kinders uit oor die verskillende liggaamsdele op die foto. Waar is die kop, die arms en die maag? Vra of die kinders weet hoe ‘n mens ‘n foto kan neem van iets wat jy nie kan sien nie. God sien alles, al kan ons dit nie sien nie. God ken ons van vóór geboorte af. Ons is ingeskryf in sy boek. God weet van ons. God is met ons. Ook in die tyd van die koronavirus. God sal ons hierdie jaar vashou en deur elke krisis dra. Ons kan ons vertroue in Hom stel en die toekoms met rus, kalmte en vrede in ons gemoed tegemoet gaan. Dit is waarom ons God se eer ten alle koste wil beskerm. En absoluut getrou en lojaal aan God wil leef deur Hom toe te laat om ons op die beproefde pad te lei, die pad wat nou alreeds sin maak en tot in ewigheid sal hou.