Lukas 19:28-41 – 10 April

Palmsondag-Feesdiens (6de Sondag in Lydenstyd)

Carolyn Brown wys daarop dat gemeentes baie keer die lyding van Jesus ignoreer in gesprek met kinders.  Daarmee ontsê hulle egter ook vir kinders die kontras wat kom met die vreugde van die opstanding.  As hulle iets verstaan van die diepte van Jesus se lyding, sal hulle ook beter verstaan watter vreugde die opstanding vir ons bring. Een lyn wat gevolg kan word om die boodskap van lyding oor te dra, is om oor Jesus se Koningskap te praat.  ‘n goue kroon sowel as ‘n kroon van dorings kan gebruik word.  In gesprek met die kinders kan die betekenis van die twee krone ontgin word.  Die goue kroon staan vir ‘n sterk koning na wie almal moet luister (moenie die koning teken as boos nie, net as outoritêr).  Die doringkroon staan vir iemand wat bereid is om vir mense te sorg en vir hulle lief te wees. Toe Jesus in Jerusalem inry, het die mense Hom as koning geprys.  Watter tipe koning dink julle was Hy?  Het Hy ‘n goue kroon gedra, of ‘n doringkroon?  ‘n Doringkroon natuurlik.  So wat sê dit vir ons van Jesus as Koning?  Hy sorg vir ons en is vir ons lief. Wat leer dit ons?  Om soos Jesus eerder ‘n doringkroon te dra as ‘n goue kroon: om eerder om te gee vir mense en vir hulle lief te wees, as om vir hulle te hiet en gebied. Die preekriglyn werk met verskeie perspektiewe waaruit die prediker sal moet kies. Nadat die teks ontleed is kan ‘n mens fokus op een van die volgende: die wenende God, die reddende God, die nederige, dienende God, en die gesagvolle God.

Laai af: WordPowerPoint

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui