Lukas 19:1-10 – 30 Oktober

Koninkrykstyd 21

Kinders sal goed kan identifiseer daarmee om te kort te wees, om nie te kan sien verby ‘n klomp grootmense nie. Gesels oor geleenthede waar dit gebeur het en hoe dit hulle laat voel. Doen dan die Skriflesing op ‘n dramatiese manier, of laat die kinders dit opvoer terwyl jy dit lees. Jy kan ook ‘n video gebruik, soos hierdie een. Hier is ‘n Engelse weergawe wat jy sou kon gebruik as jy self die storie vertel – en vooraf jou tydsberekening oefen. Sing ‘n Saggeus-liedjie soos die een. Hier en hier is inkleurprente.

In Lukas 19 is Jesus teen die einde van sy reis van Galilea na Jerusalem, waar Hy sou sterf.  Saggeus, die kort, skatryk mannetjie, tollenaar en hoofskurk van Jerigo, word die laaste dissipel wat Jesus op sy reis na Jerusalem werf. Tollenaars was onder andere die loan sharks van die tyd.  Sodra jy finansieel in die moeilikheid beland het, kon jy by die tollenaar gaan geld leen, teen geweldige hoë rente. Deur die toedoen van Saggeus se beroep het mense verarm, was daar nie kos op die tafel nie, en was ‘n behoorlike, menswaardige, ekonomies volhoubare lewe vir baie mense nie moontlik nie.  Terselfdertyd het Saggeus die soustrein gery, en waarskynlik nie die einde van sy skatte geken nie. Saggeus het dus sy eie belang vooropgestel. En daarmee nie net van God afvallig geraak nie, maar is met reg uit die gemeenskap van Jerigo uitgestoot. Wat doen Jesus?  Sê Hy, dit is jou verdiende loon, jy wil nie my taal praat nie, jy wil nie saam met My wees nie?  Krepeer in jou ellende? Nee, Jesus stap verby die vyeboom en sien vir Saggeus raak in die boom en praat met hom, begin weer die gesprek, en gaan nog verder, dring daarop aan dat Hy by hom wil gaan eet.  God reik dus uit en dring Saggeus se ruimte binne om die gemeenskap tussen hulle te herstel. Dit is wie God is. En uiteraard vra Hy van ons om op dieselfde manier te leef.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

%d