Lukas 17:5-10 – 6 Oktober

Sewentiende Sondag in Koninkrykstyd       

Mense dink altyd “hoe groter hoe beter”:  karre, huise…  Ons wil altyd nuwer, beter goed hê:  selfone, iPads, Nintendos.  En somtyds dink ons as iets nie meer of groter is nie, is dit regtig nie veel werd nie – dat wat ons het, nie genoeg is nie, ons het meer nodig om self enige iets werd te wees.  Dit is hoe die dissipels gevoel het oor hulle geloof!  Hulle het geweet dis moeilik om altyd gehoorsaam te wees.  Daarom het hulle vir Jesus gevra vir nóg geloof.  Dit sal sekerlik beter wees as dit groter is, as hulle meer het!  Maar Jesus antwoord hulle dat dit nie soveel saak maak hoe groot jou geloof is nie, maar eerder wat jy daarmee doen. Lees dan die fokusteks uit Die Nuwe Testament vir Kinders. Die preekriglyn werk met die hele gedeelte van vers een af en fokus op die dissipels wat meer geloof wil hê as hulle besef wat Jesus alles van hulle vra. Jesus se boodskap is dat dit moontlik is om God se gehoorsaam. Omdat God self die geloof (kennis, vertroue, toewyding, volharding) gee wat nodig is.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui