Kolossense 1:11-20 – 24 November

Vier en Twintigste Sondag in Koninkrykstyd – Sondag van Christus die Koning

Vir die familie-oomblik kan jy óf fokus op Jesus se koninskap, óf op die fokusteks. Bring ‘n paar gewigte (die soort waarmee ‘n mens oefeninge doen) van verskillende groottes.  Terwyl jy demonstreer hoe jy die gewigte optel – of ‘n paar kinders verskillende gewigte (prober) optel (pasop dat niemand seerkry nie) – kan jy verduidelik hoe belangrik gewigoptel is om spierkrag te ontwikkel.  Lees dan Kol. 1:11 uit die Bybel vir Almal:  Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard. Verduidelik dat ons krag as gelowiges nie kom van oefeninge met gewigte nie.  Ons krag kom van Jesus.  Jesus maak ons elke dag sterk in ons geloof.  Wanneer ons bid, wanneer ons Bybel lees, wanneer ons kerk toe kom, liedjies vir  God sing, leef soos wat Jesus vra, is Jesus die hele tyd besig om ons geloof sterk te maak.  In die kerkjaar staan vandag bekend as “Sondag van Christus die Koning”. Op hierdie Sondag word beklemtoon dat Christus die Middelaar is, die Koning van die heelal. Ons teks help ons om hierdie waarheid oop te breek. Dit lei ons daartoe om te besef dat Christus die antwoord is op die onwaarhede of dwaalleringe wat ons ook in ons hedendaagse lewe weglei van Christus as die Middelpunt in ons lewe.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui