Johannes 12:20-33 – 21 Maart

Vyfde Sondag in Lydenstyd

Met Familietyd kan jy gesels oor die betekenis van die kruis. Dit is aan die een kant ’n pynlike ervaring. Aan die ander kant ’n bewys van hoe lief God vir ons het. Jy kan ook die X-Men se karakter as “mutants” gebruik om te illustreer hoe andersheid jou soms help om ander te kan help. Met die preekriglyn kan jy aansluit by ons gevoel van ontworteling in die Corona-tyd. Ons betree die tweede jaar van inperking. Baie se lewens voel en is verrinneweer en gedisoriënteerd. Mens wonder hoe dinge weer gaan regkom en hoe ons vorentoe sal regkom? In so ‘n tyd vra mens nuut wat beteken sukses vir ons. Hoe bereik ons sukses, hoe jaag ons dit na? Baie mense smag daarna om die ongebreidelde soeke na selfvervulling, selfverruiming en selfverryking te hervat. Hoe gaan ons dinge weer herstel om te wees soos dit was voor Covid ons getref het? Jesus wys ‘n ander rigting. Sukses en vervulling het met diens te doen. Dit klink vreemd op ons Westerse ore. Ons ken ander opvattings oor sukses. Waar plaas ons selfverloënende liefde en diens ons op hierdie weg na sukses? In ons teks word voorspoed verbind aan sterwe ter wille van ander, sterwe in diens. Dit staan lynreg teenoor ons gangbare strewe na sukses en bevordering van ons eie belang.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui