Jeremia 33:14-16 – 28 November

Eerste Sondag van Advent

Verduidelik met Familietyd die konsep van Advent. Gesels oor al die afwagting-gebruike, soos die Adventkrans, adventkalender, ens. Gesels dan hoe ons voorberei op Jesus se koms. Dit gee ‘n goeie oorgang na die preekriglyn. Dit is die eerste Sondag van Advent, ‘n wonderlike tyd in die kerkjaar. In Advent vier ons die koms van die Messias op aarde. Die Seun van God word mens om ons lewens en ons wêreld te verander. In Advent sien ons verlangend uit na die finale koms van die Messias om alles nuut te maak. Advent is ‘n tyd van hoopvolle verwagting. Die eerste Sondag van Advent, vandag, staan trouens bekend as die Sondag van Hoop. Daar is min dinge wat ons in ‘n wêreld geteister deur Covid-19 en talle ander ellende so nodig het soos hoop. Ons het spesifiek hoop wat op vaste fondamente staan nodig. Dit is hoop wat net die Here kan bied. Soos Jeremia dit eenmaal tevore vir die volk in ballingskap gegee het. Juda se krisis was dat die verwoesting en ballingskap hulle verstaan van hul verhouding met God bedreig het. In hulle krisis help Jeremia hulle om weer hulle God nuut te ontdek en die Here se beloftes te omarm. ‘n Boodskap wat tot vandag toe weerklink en selfs vir ons hoop kan gee in ons eie krisisse.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui