Jeremia 29:1, 4-7 – 9 Oktober

Koninkrykstyd 18

Die sleutelteks kan deur ʼn ouer laerskoolkind voorgelees word om die ballingskap se invloed op die komende generasies van die verbondsvolk te benadruk. Die fokusteks word voorsien soos vertaal in Die Boodskap. Maak gebruik van ʼn prent van mense wat plant of bou, of skep ʼn prentreeks van ʼn saadjie wat ontkiem en groei. Ons teksgedeelte van hierdie Sondag is ‘n brief vanaf Jeremia aan die ballinge in Babilonië. Ons teksgedeelte is nie die hele brief nie, maar slegs die gedeelte waar die ballinge vermaan word om huise in Babilonië te bou en om vredevol daar te woon. Ons gaan die klem op drie aspekte laat val:

  • God as Skepper en Voorsiener
  • God aktiveer menslike aksie
  • God se begeerte na florerende samelewings

In die lig van hierdie teks, moet ons ons lewe herbedink. Wat is ons, die mense van God, se bydrae tot die opbou van ons samelewing se welsyn? Ongeag waar ‘n persoon hom- of haarself sou bevind, hetsy as leier van ‘n internasionale maatskappy, aan die onderkant van die samelewing of enige posisie tussenin, is die oproep van God ‘n duidelike oproep tot handeling wat die welsyn van die stad soek. Dit is die oproep om binne ons netwerke van invloed op te staan vir die welsyn van die stad; om daartoe te werk, risiko’s te neem en pogings aan te wend om dit daadwerklik te bevorder.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui