Handelinge 8:26-40 – 2 Mei

Vyfde Sondag in Paastyd

Daar is skakels na ‘n video en ‘n inkleurprent om te gebruik in Familietyd. Daar is ook ‘n idee van John Stevens om ‘n stuk papier te skeur sodat mense daardeur kan stap wat die idee van die oorsteek van grense en mense wat ingesluit word, kan illustreer. Daar is ook opsies vir liedere om te gebruik. Die preekriglyn val weg met die verhaal van Misha (nie sy regte naam nie), ‘n tandheelkundestudent uit Noord-Afrika, wat vertel hoe hy vir agt jaar na iemand gesoek het wat hom meer oor Jesus kon vertel. Hy het as skolier bewus geraak van gebeure uit Jesus se lewe soos die Nuwe Testament dit oorvertel, maar kon geen detail daaroor kry nie. In sy land word die Christelike geloof egter aktief onderdruk. Uiteindelik, na agt jaar, sien hy ‘n advertensie oor ‘n kursus in die Nuwe Testament. Hy maak kontak en ontdek die volheid oor Jesus. Sy leermeesters het hom die evangelie in die gebeure van die Nuwe Testament help ontdek. Hoewel hy in die grootste risiko moontlik leef, is hy ‘n toegewyde volgeling van Jesus, met ‘n lewende geloof. Misha vertel hoe hy sedertdien bewus geraak het Jesus het nog volgelinge in sy land. Hy kon die Here al saam met ander gelowiges aanbid, een van die groot vreugdes in die lewe. Dit gee ‘n uitstekende inleiding om te gesels oor die soortgelyke gebeure in Handelinge 8 waar die Etiopiër op soek is antwoorde wat saak maak. Daar is ‘n dieper honger by hom wat na versadiging vra. Ons lees hoedat God voorsiening maak deur iemand te stuur, Filippus, die evangelis. Die honger word gestil – na God en na behoort aan God se gemeenskap.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui