Handelinge 4:32-37 – 11 April

Tweede Sondag van Paastyd

Vra vir die kinders wat die heel beste nuus is wat hulle nog ooit gekry het.  Verduidelik dan dat daar selfs nog beter nuus is, wat iemand baie lank terug gekry het, maar wat ons ook vandag kry.  Vra die kinders of hulle onthou waaraan ons Vrydag gedink het?  (Jesus se kruisiging en dood.)  Vertel dan vir die kinders hoe hartseer en moedeloos almal was.  Alles wat hulle gehoop het, is nou verby, want Jesus is dood.  Vertel dan die verhaal van Maria en die leë graf.  Dít is die beste nuus wat enige iemand ooit gekry het en ooit sal kry:  Jesus leef!  Jy kan ook eerder ‘n video wys van die leë graf. Daar is baie kindervideos op Youtube – soek vir Jesus risen children. Skakel na een ingesluit. Preekriglyn: Ons teks beskryf ‘n wêreld vol ongelykheid waar sommige baie het en ander bitter min. Tog word die gelowiges deur die nood van ander aangegryp en doen iets daadwerkliks daaraan. Mense se grootste nood – die nood aan gemeenskap en behoort – word aangespreek, en ook hulle nood aan lewensmiddele. Die wêreldbekende teoloog Jürgen Moltmann sê na aanleiding van ons teks: The solution to poverty is not property. The solution to both poverty and property is community. Dit is waarom hierdie gemeente lewe met oop deure en vensters voor die Here en voor die wêreld, want daar is altyd die gevaar dat die gemeente hulleself kan afsluit, eenkant hou, isoleer … en dan niks meer vir iemand te sê het nie.

Laai af: WordPowerPoint

Comments (2)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui