Genesis 17:1-7, 15-16 – 28 Februarie

Tweede Sondag in Lydenstyd

Sluit aan by Carolyn Brown se gedagtes en gesels oor die hoeveelheid sterre daar in die hemel is. Min kinders sal vandag ‘n konsep hiervan hê, weens die hoeveelheid ligbesoedeling waarmee ons saamleef. Jy kan dalk vra wie al op ‘n helder aand iewers was waar daar vir kilometers geen elektrisiteit was nie – en hoe die sterre toe gelyk het. Skakels na bruikbare video’s ingesluit. Plak dan, soos Brown voorstel, vir elke kind ‘n sterretjie op die hand om hulle te herinner dat hulle deel van Abraham en Sarah se nageslag – en God se belofte – is.  Ons het verlede week gefokus op die verbond wat God met Noag en die hele skepping gesluit het. Vandeesweek kry ons te doen met die verhaal van nog ‘n verbond. Dit is ‘n verbond wat God met Abram (en Sarai) sluit toe hulle al op ‘n hoë ouderdom was. Dit is nie die eerste keer dat God ‘n belofte aan Abram maak nie. Hier herhaal God sy belofte nadat Abram sake in sy eie hande geneem het en ‘n kind by Hagar gehad het. God herhaal sy verbond en belofte aan Abram en bevestig dat Abram se eie seun sy erfgenaam sal wees. Ons moet kliek dat daar baie verhale in die wêreld is wat ons probeer vorm, ons identiteit en roeping probeer stempel. Hierdie kompeterende verhale trek ons aandag af en fokus ons roeping op die verkeerde prioriteite. Leef uit jou identiteit as God se gemerkte mens, God se eiendom, en leef bedagsaam en toegewyd aan God.

Laai af: WordPowerPoint

Comments (2)

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui