Genesis 12:1-4a – 8 Maart

Tweede Sondag in Lydenstyd

Daar is ‘n video van vandag se skriflesing en ‘n oulike inkleurprent vir Familietyd. Gesels met die kinders oor hoe dit nogal “scary” kan wees om iets vir die eerste keer te doen. Jy kan kinders herinner aan die eerste dag wat hulle skool toe is, of eerste keer wat hulle fiets gery of gaan swem het. In al hierdie gevalle help dit as jy iemand by jou het op wie jy kan vertrou – iemand wat al voorheen die ding gedoen het wat jy vir die eerste keer gaan doen.  Gebruik die blinddoek voorbeeld om dit te illustreer, waarnan jy die lyn kan trek na Abram en Sarai se verhaal. Die preekriglyn focus op die roeping van Abram as ‘n langtermynprojek wat die verlossing van die ganse mensdom op die oog het. Dit lyk egter of hierdie projek al van die begin af tot “mislukking” gedoem was. Abram was baie oud en Sara kon nie kinders kry nie. Die belofte van ‘n talryke nageslag klink dus menslik gesproke nie haalbaar nie. Hierdie uitsiglose situasie beklemtoon egter die feit dat die beloftewoord van God aan Abram ‘n woord van hoop in ‘n chaotiese wêreld is. Die roeping van Abram en die gepaardgaande beloftes aan hom, is God se antwoord op ‘n vervalle en chaotiese wêreld wat Hy nie bereid is om prys te gee nie. God begin met Abram (en sy nageslag) ‘n lang proses van vernuwing en herstel, wat uiteindelik tot die totale verlossing van die mensdom en sy wêreld moet lei.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui