Efesiërs 6:10-20 – 22 Augustus

13de Sondag van Koninkrykstyd

Daar is verskillende bydraes oor die wapenrusting wat jou sal help om die Familietyd te beplan. Die verskillende voorbeelde beklemtoon die Bron van krag wat met die wapenrusting geïllustreer word. Dit is God wat vir ons ‘n uitrusting gee wat ons help om God se liefde uit te leef in die wêreld, al is die wêreld nie aan ons kant nie. Ons hoef nie bang te wees vir enigiets wanneer ons hierdie uitrusting wat God vir ons gegee het, aantrek nie. Die preekriglyn verdiep die gedagtes oor die stryd waarin ons verkeer. In ‘n preek van prof. Flip Theron skryf hy: “Wie kies vir Christus, moet onder geen illusie verkeer nie: Hy is ‘n spesiale skyf vir ‘die vurige pyle van die Bose’ (v 16); hy meld hom aan vir oorlog ‘teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu teen die bose geeste in die lug’ (v 12).” Daar is egter ‘n groter werklikheid wat ons moed gee vir die stryd. Dit is dat Christus aan die kruis die Bose oorwin het. Ons staan dus vas in die oorwinning wat reeds behaal is.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui