Efesiërs 5:15-20 – 15 Augustus
12de Sondag van Koninkrykstyd
Maak seker dat jy minstens twee ballonne het: een wat met helium opgeblaas is en een wat jy self opgeblaas het. Maak toutjies aan albei ballonne vas en maak dit in die liturgiese ruimte aan ‘n stoel of ‘n tafel vas sodat die ballon met helium in die lug is en die ander een hang. Wys dit vir die kinders. Vra vir hulle of hulle weet wat die verskil tussen die twee ballonne is. Vra vir hulle of hulle weet watter een sal kan “vlieg” as jy hulle losmaak. Verduidelik vir die kinders dat hierdie twee ballonne vir ons wys wat die verskil is tussen wanneer ons deur die Gees leef en wanneer ons deur onsself leef. Wanneer ons na die Gees luister, is ons verstandig, soos Efesiërs sê. Dan doen ons wat reg is en loof God en Jesus met ons lewe. Die preekriglyn maak ons opgewonde oor wat dit beteken om vol van die Heilige Gees te wees. Daarom kan ons saam met Peterson die teks vertaal: “Drink the Spirit of God, huge draughts of him.” (The Message). Want, as ons van Hom drink, groot teue van die Gees, by wyse van spreke, dan sal ons vol word van Hom en oorloop van sy goedheid en heiligheid. Dit sal half outomaties gebeur, as ons in plaas van baie wyn te drink, baie van die Gees drink, dan sal ons onder die invloed van die Gees kom, en sal ons lewe deur Hom bepaal word. Soos wat drank ‘n mens kan laat slinger van sy invloed, só sal die Gees ons lewenstyl in die wêreld bepaal. Hoe meer Gees, hoe meer leef ons soos Hy dit bedoel. Hoe minder Gees, hoe minder leef ons soos Hy dit bedoel. Dit het ‘n groot impak in ons lewe. ‘n Lewe deur die Gees is ‘n lewe wat kies teen onsedelikheid, onreinheid en gierigheid en kies vir alle goedheid, geregtigheid en waarheid. Dit is ‘n lewe wat kies om ander se belange eerste te stel, veral in die huwelik, gesin en werksplek soos Paulus net hierna sal skryf. Die doel van gehoorsaamheid is dat ons vol moet word van God.
Ds Christo Viljoen
hallo,
Ek het hierdie beeld reeds in 1989 gebruik, maar het dit uitgebrei. 3 balonne. 1 is nie opgeblaas nie. Een vol natuurlike lug en een vol helium. Kinders hou al drie vas en laat los dan. die een wat nie asem in hom het nie val dood op die grond. Die een met gewone lug bly by die reëls wat God vir wereld saamgestel het. Die een met helium (Partygas staan op selinder) styg op en hang teen die kerk se dak. No. 3 steur hom nie aan die reëls nie, en God se reëls nie. Dan het ek ‘n blaaspyp gevat met kopspeld en papiertjie in tregtervorm gevorm en pyltjie gebou. Blaas dan die een teen die dak stukkend dat dit op vloer val. Moenie verbaas wees as jy tot ‘n val kom en mense jou afskiet nie, jy gaan net langs die dooie ook sonder asem val. Ek het self ook die vreemde gees in my ingeasem en nie geklink soos ek altyd klink nie. Teks is God wat sy eie asem in die mens ingeblaas het.
Webmeester
Oulike idee!