365 beloftes

Ek nooi jou uit om die volgende jaar te fokus op God se beloftes in die Bybel. Ek het 365 beloftes gekies vir elke dag van die week. Dit sluit aan by die kerkjaar (RCL) sowel as by ‘n wye reeks behoeftes, algemeen en persoonlik. Ek stuur elke dag vanaf 22 November 2021 die teks van die belofte met ‘n kort oordenking en ‘n skakel na verdere leeswerk via bybelskool.com sowel as Whatsapp. Jy kan vir een of beide inteken. Dit is gratis.

Laat Jesaja jou motiveer om die Here elke dag te herinner aan sy beloftes: “Gun julleself geen rus nie! Gun Hom ook geen rus nie!” Totdat Hy antwoord en sy beloftes in jou en ander se lewens vervul (Jes 62:6-7).

Gebruik hierdie skakel om deel van die WhatsApp groep te word.

Daarmee gee jy my verlof om boodskappe aan jou per WhatsApp te stuur. Dit sal net ek wees wat op hierdie groep bydraes lewer. Jy kan egter direk boodskappe aan my stuur met opmerkings of vrae. Ek sal ook direk reageer na jou toe.

Vorige boodskappe kan hier gelees word.

OPDATERING

Die eerste WhatsApp groep is reeds vol. Jy kan egter nou by Whatsapp groep 2 aansluit met hierdie skakel:

https://chat.whatsapp.com/GEhS1bGuJ0LHylbHxKTJ5z

Chris van Wyk

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

%d bloggers like this: