2 Korintiërs 3:12 – 4:2 – 27 Februarie

Verheerlikingssondag

Daar is ‘n oulike voorstel oor verskillende soorte spieëls (kyk by missio.org.za) sowel as ‘n gesprek oor die lig wat ons harte “verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal”. Jy kan ‘n gesprek oor Valentynsdagkaartjies gebruik om ons eie rol te verduidelik om die lig van God in die wêreld te versprei. Daar is ook die verhaal van “The Pied Piper’s Magic” deur Steven Kellogg. Paulus praat van die sluier wat verhoed dat ons vir God sien – en hoe ons self verander wanneer die sluier verander word. Kellogg se verwerking van die klassieke “rottevanger” verhaal, vertel van twee bitter karakters wat hervorm word wanneer die fluitspeler hulle help om te sien dat hulle waarde het. In die proses word die hele gemeenskap verander. Die preekriglyn fokus op vers 18: “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld …” (OAV). Vandag gesels ons oor die feit dat die Here deur sy Woord ons lewens verander. Dit is soos ‘n spieël wat nie net vir ons wys wie ons is, en wat ons nodig het nie, maar die krag het om ons te verander. Die Bybel is ‘n SPIEËL wat ons verander.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui