1 Petrus 3:13-22 – 17 Mei

Sesde Sondag in Paastyd

Die Lewe is nie Altyd Regverdig nie. Lees die kindervriendelike vertaling van die Nuwe Testament vir Kinders. Daar is ook woorde uit die fokusteks weggesteek in die ingeslote tabel. Kyk hoeveel jy kan herken. Die woorde kan in enige rigting lees, selfs agterstevoor (soos Hebreeus). Ons leef in die tyd van die koronavirus van ‘n ernstige siekte, Covid-19 veroorsaak. Die stryd om die verspreiding van die virus te verstadig plaas geweldig druk op baie mense: emosioneel en finansieel. 1 Petrus is geskryf in ‘n tyd van lyding, lyding ter wille van Christus. Die brief vra hoe geloof in ‘n opgestane Christus – wat aan die regterhand van God in die hemel sit – gelowiges help om te midde van lyding sin te vind en hoop te behou. Die skrywer van 1 Petrus meen dat nadenke oor die hemel die potensiaal het om lewenskwessies aan te roer: hemelse realiteite verander inderdaad ons aardse benoudhede! Die lesers van die Petrusbrief het egter te kampe gehad met groot moeilikhede. Allerhande beproewings kom oor hulle pad: Hulle word sleg behandel, daar word kwaad gepraat van hulle, hulle word beledig, beswadder, gelaster, geskel. Dié soort behandeling word deur hulle beleef as intense swaarkry, oftewel “vurige beproewing”. Die punt is: Dit gaan oor hoe ons lewe in navolging van Christus. Dit lei direk daartoe dat venynig teenoor Christene opgetree word en dat hulle hierdie kwaadwillige optrede as lyding beleef. “If suffering for Christ should be the believer’s experience, Peter reframes it as a reason not for bitterness or despair but for joy.” Petrus help gelowiges om anders oor die werklikheid van lyding in Jesus se Naam te dink, deur dit in ander raamwerke te plaas. Hy vertel die verhaal van God se werk. Die vertel van God se storie kan gelowiges help om sowel die storie van die verlede as die toekoms só te herformuleer dat dit nuwe betekenis aan die hede gee. Vanuit God se verhaal, kan ons ons eie verhale herinterpreteer. Ons kan dit ook só sê: Petrus plaas die gelowiges se ervaring van lyding binne ‘n Christus-raamwerk om hulle sodoende te help sin maak van hulle lyding.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui