1 Korintiërs 15:1-11 – 6 Februarie

Vyfde Sondag na Epifanie

Vir Familietyd Google die woorde “Sight before glasses” en kies ‘n prent. Wys dit vir die kinders en gesels dan verder. Wat sien julle op die skerm? Is dit regtig hoe ‘n mens of ‘n boom lyk? Dit is soort van, maar dit is nie so duidelik soos dit moet wees nie. Wat sal gebeur as mense wat die wêreld só sien ‘n bril sou opsit? Hulle sal alles sien soos dit regtig lyk. As mense kyk ons na die wêreld op ons manier en dan lyk dinge soms vir ons vaag en onduidelik. Maar om te glo dat Jesus uit die dood opgestaan het, is soos om ‘n bril op te sit sodat ons alles beter sien. Wanneer ons in Jesus se opstanding uit die dood glo, kyk ons nuut na die dinge rondom ons. Ons word genooi om nie te kyk soos mense kyk nie, maar om, wanneer iets vir ons onduidelik is, altyd te vra: Hoe maak dit sin as ek onthou dat Jesus uit die dood opgestaan het? Gee vir elke kind ‘n kartonbril of laat hulle hulle eie maak. Die preekriglyn sluit aan by die  uitgebreide briefwisseling tussen Paulus en hierdie gemeente van Korinte. In hierdie hoofstuk gee Paulus die kern van sy hele Godsverstaan en wêreldbeeld. Nie alleen bereik Paulus se getuienis oor God se genade as ‘n geskenk daarin sy hoogtepunt nie, maar maak die lewenstyl wat hy in die vorige hoofstukke verkondig het net sin in die lig van die opstanding.  Dit sentreer om die ongeëwenaarde verskyning van die opgestane Jesus anderkant die dood. Dit is feite. Historiese feite. Ons teks nooi ons daarom uit om oor die wêreld in die lig van die feit van die opstanding te dink.

Laai af: WordPowerPoint

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui