1 Korintiërs 1:10-18 – 26 Januarie
Derde Sondag ná Epifanie
Gesels oor die konsep van “verdeeldheid” deur te praat oor dinge wat saam hoort. Deesdae kan TV’s nie werk sonder ‘n afstandbeheer nie. Tandeborsel en tandepasta. Ketel en deksel. Kragdraad en kragprop. Of wat van ‘n kul-toertjie? Voorbeeld ingesluit. As jy ‘n storie wil vertel, kan jy gerus kyk na “When Pencil Met Eraser” op Kindle. Potlood teken prente, maar Uitveër vee oral uit en maak in die proses ‘n heel ander prent. Wanneer Potlood blomme teken, maak Uitveër ‘n paadjie in die blomme. Hulle hou aan stry, totdat Uitveër Potlood help verstaan dat hulle saam beter is. Die preekriglyn begin met die verhaal van die gemeente van Korinte. Hulle was ‘n kopseer vir Paulus. Hulle is deur struweling en verdeeldheid gekenmerk. Oor die presiese aard van die Korintiese partyskappe is al baie geskryf. Ons weet egter steeds nie alles oor die destydse situasie nie. Miskien is dit ‘n bedekte seën. Op ‘n manier word ons deel van die destydse storie wanneer ons in ons tyd ook spanning in die kerk en gemeente beleef. Daar is immers altyd ‘n voorlopigheid in ons kerkwees. Ons is kerk in die tyd tussen die eerste en tweede koms van Koning Jesus. Die fokus van Paulus se beredenering moet egter in die oog bly, naamlik dat daar net een Christus is wat gekruisig is. Geen ander geestelike leiers in die verlede, hede of toekoms kan by Jesus Christus kersvashou nie. Ons eenheid lê in Hom.
schalk Naude
Help asseblief. Ek is in Kanada by die United Church of Canada en gebruik hierdie preekriglyne met groot vreugde. Wanneer word 1 KOr 1:19 – 31 geplaas vir Sondag 2 Feb 2020? Ek sit op spelde en naalde
Webmeester
Ek is besig daarmee. Kyk so oor 20 minute.