1 Konings 19:1-4, (5-7) 8-15a – 19 Junie
Koninkrykstyd 2
Carolyn Brown het die skopus van die teks vir kinders besonder raakgevat… “Elijah wished there had been something spectacular. He would have preferred that God speak to him in the earthquake or maybe some fireworks. But God was there in sheer silence in a desert cave. The point for the children is that often God does not come in flashy or dramatic ways, but in the silence that surrounds us.” Gebruik ’n paar items wat van ’n hoogte op ’n tafel val- ’n bout en ’n swaar spyker, kleiner items (spykers ens), tot by ‘n speld of ’n naald wat val. Die geluid waarmee dit items val word al hoe sagter… Iewers gaan ’n item so sag val dat ten spyte van stilte in die kerk dit nie gehoor word nie. Iets hiervan was Elia se ervaring- hy het God verwag in fanfare/ trompette/ optog (vergelyk die stormwind/ aardbewing/ vuur… Elia verwag God se verskyning in duidelik herkenbare natuurtekens, en God kies die stilte van ’n windstilte… Ons teksgedeelte bestaan uit vyf gesprekke. Kom ons volg die gesprekke, want op hierdie manier kom die boodskap van die teks helder na vore. Dit help ons om dan oor ons gemeente se roeping na te dink.
Laai af: Word – PowerPoint