Jesaja 43:1-13 (Kobus Smit)

7 Januarie 2001

Eerste Sondag na Epifanie

 

Ander Tekste: Psalm 29: Handelinge 8:1-25; Lukas 3:15-17,21-24

 

Teks

Jesaja 43:1-7 vorm deel van 'n groter eenheid (42:14-44:23), wat uit verskillende onderafdelings bestaan. Jesaja 42:18-25, 'n dispuutrede, bied die nodige verstaanshorison vir ons teks.  Hier maak die profeet dit duidelik dat Israel se toestand aan hulself te wyte is.  Jahwe is nie doof of blind nie, maar húlle is.  Jahwe spreek hier sy radeloosheid uit oor hulle geestelike ongehoorsaamheid (vgl. ook 6:9-10; 32:5; 35:5; 43:8) en onsensitiwiteit.  Dit het gemaak dat sy toorn teen hulle ontbrand het en dat Hy hulle oorgegee het aan die vernietiging en geweld van oorlog (25).

Die ‘maar nou’ (wecattă) van Jesaja 43:1 dui 'n onbegryplike keerpunt en wending aan in Israel se geskiedenis.  Dit is 'n wending wat God self inisiëer.  Dit dui die einde aan van oordeel en vernietiging en die begin van 'n wonderbaarlike bevryding deur God bewerk, asook 'n intieme gemeenskap met Hom.  Goddelike oordeel (vgl. ook 54:9) gaan plek maak vir Goddelike liefde.  God gaan in belang van sy volk ingryp en hulle van hulle onderdrukkers en ballingskap verlos.  Die verlossing word in skeppingsterme beskryf:  ‘geskep’,  ‘gevorm’, ‘gemaak’. Die vuur van oordeel wat hulle gebrand het (42:25), sal hulle nie meer brand nie (43:2).  Nie omdat hulle iets besonders gedoen het, berou het oor hulle sondes of selfs meer sensitief of gehoorsaam geword het nie.  Jesaja wou bloot hiermee die twyfelende volk gerusstel dat God se oordeel en straf nie hulle uitverkiesing en God se liefdevolle versorging kanselleer nie.  Ons het hier amper met 'n nuwe openbaring van God te doen waardeur die volk opnuut die dieptes van God se trou en liefde vir hulle onder sy oordeel in Babilon ontdek.

Daar is twee soorte heilsorakels:  die heilsbelofte en die heilsaankondiging. Jesaja 43:1-7 is 'n heilsbelofte.  Dit vorm 'n hegte eenheid wat struktureel soos volg voorgestel kan word:

a.         Die adres:  “…wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel” (1a);

b.         Die versekering van die heil:     “Moenie bang wees nie”  (1b, 5a).  Met hierdie gerusstellende woorde wil die profeet hulle verseker dat hulle smeekbedes verhoor sal word.  Hierdie woorde dra gesag, want dit word hier in die mond van die Here gelę.

c.         Die rede vir die heil:  Die Here bevestig sy voorneme om te help deur die gemeente te wys op die besondere verhouding tussen Hom en hulle (‘jy is Myne’,  ‘Ek is die Here jou God’, ‘jou Redder’, ‘Omdat jy vir my kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet…’) om hulle so te verseker van sy teenwoordigheid.  Die woordjie ‘want’ word ook hier gebruik om die rede vir die hulpverlening uit te druk:  “Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos” (1a);  “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou” (43:5) (OAV).

d.         Die gevolg van God se heilshandeling: As die volk teenspoed, verliese en tragedies beleef, kan hulle reken op die Here se teenwoordigheid (2).  Hy is so lief vir Israel, sy uitverkore volk, dat Hy ander volkere in ruil vir hulle lewe sal gee (4a).  Daarom  sal Hy self beskik dat Israel, wat deur die volkere geroof is,  vrygelaat sal word sodat hulle na hulle eie land kan terugkeer (5b-6).

e.         Die doel van God se heilsaankondiging:  Dit alles doen God tot die eer van sy Naam, want Israel dra sy Naam (7).

Vir Deutero-Jesaja is die skepping van die węreld en die verlossing van Israel dieselfde handeling van God.  Wat in die oertyd gebeur het en wat ‘nou’ plaasvind, het uit dieselfde heilswil van God ontstaan.  Daarom koppel hy skepping en verlossing in vers 1 en 7.  Dit verklaar waarom die Skeppergod in vers 1 sę:  “Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep”.  Die Skeppergod wat die geskiedenis betree het, met sy volk 'n verhouding ontwikkel het en hulle gebrokenheid genees het, sal deur 'n nuwe skeppingsdaad die ballinge verlos, sodat hulle Hom kan eer (7).

Die versekering van die heil geskied in die woorde van die tipiese teofanieformule (‘Moenie bang wees nie’) om alle vrese totaal te besweer.  Daarmee is die diepste nood van die ballinge aangespreek.  Al sou teenspoed en rampe hulle tref, sou dit nie vir ewig hulle lot wees nie, want in God se węreld het die noodlot nooit die laaste sę nie.

Die profeet noem drie redes vir heil:  beskerming en bewaring in geval van teenspoed en onheil (2); die prysgawe van ander nasies om hulle lewe te spaar (4b) en die terugbring van die Jode in diaspora (5b-6).  Dit is drie heilsbeloftes waarop die volk kon reken, veral met betrekking tot die ballingskap.  Die beelde van water (2) roep herinneringe op van die uittog uit Egipte.  ‘Water’, ‘riviere’, ‘vuur’ en ‘brand’ simboliseer die nood en bedreiginge van elke dag,  maar ook die oordeel en straf van God.  Die ruiltransaksies waarna verse 3b en 4b verwys sinspeel op die feit dat God die Heer van die geskiedenis is.  Die ‘losprys’ (kőfčr) in vers 3b verwys na die familiereg waarvolgens iemand wat weens skuld as slaaf verkoop is, terug gekoop kon word.  Die losprys wat Jahwe moes betaal om sy slawevolk te bevry, was om die mag van Babilon te breek.

Die ou volk wat in ballingskap gewonder het oor God se verdere betrokkenheid in hulle geskiedenis, wat gewonder het of Hy hom nie aan hulle onttrek het nie (49:14; 40:27) word hier gerusgestel.  Hulle is nog steeds sy volk (1b, 3a, 6b). Sy verbondsverpligtinge teenoor hulle geld nog altyd (vgl. ook 54:7-8).  Teenspoed en rampe sal daar altyd wees, maar hulle kan altyd reken op die sorgende en beskermende teenwoordigheid (2; 52:12) van  Hom as die Heer van die natuur (2a en 2b) en die geskiedenis (3-4; 5b-6). Die geheim agter al die heilsbeloftes lę in Jahwe se onbegryplike liefde vir Israel (4a).

Die uitsluitlike doel waarom God Israel geskep (‘gevorm’, ‘geskep’, ‘gemaak’) en verkies het as sy volk is om Hom deur hulle te verheerlik (7). Hulle kan Hom slegs verheerlik as Hy hulle uit ballingskap bevry en hulle reinig.  Daarom kan God hulle nie in ballingskap los nie, want hulle dra sy naam.

Konteks

Aan die eenkant lyk dit asof al die perfekta in Jesaja 43:1-7 voor die handliggend, duidelik en verstaanbaar is.  Maklik om toe te pas en vir vandag te aktualiseer. Om egter ons teks los te lees van sy wyere konteks, Jesaja 42:18-25 met sy oordeelsaankondiginge oor die volk, sou die gevaar inhou dat dit net as 'n klomp heilsbeloftes verstaan word.  Dit sou die ware bedoeling van die teks verwring. Aan die anderkant is daar verskeie aspekte in die teks wat buite ons verwysingsraamwerk lę en wat nie meer op ons van toepassing is nie.  Dit maak weer dat die toepassing van die teks nie so eenvoudig is nie.  

Die moderne mense se ballingskap lę op twee vlakke: 'n meer persoonlike en individuele vlak en 'n strukturele vlak.  Ons ballingskap op 'n persoonlike vlak lę in ons eensaamheid, ons isolasie, asook ons geestelike vereensaming.  In vers 1b se roepe by die naam en ook in 7a se ‘elkeen’ kom daar iets van hierdie individualisering in ons teks na vore.  Ons ballingskap op individuele vlak hang ten nouste saam met die op strukturele vlak in dié sin dat dit juis politieke en ekonomiese strukture en magte en kragte is wat ons in situasies laat beland waar ons vereensaam en geďsoleerd raak.  Ons moderne węreld wemel nog steeds van diktators en outokrate wat politieke stelsels en strukture skep waarin daar geen vryheid en geen menseregte erken word nie. Stelsels waar miljoene mense verdruk en onderdruk word. Ekonomiese magte en kragte soos Marxisme en kapitalisme  maak vandag dat miljoene mense in armoede gedompel word, krepeer en geen menswaardige bestaan kan voer nie. W. Breuggemann sę: soos in die ballingskap beleef mense net twee werklikhede (węrelde):  die dominansie van die Babelse verdrukker en die smart van Jerusalem.  Die lewe is vasgevang tussen twee werklikhede:  smart en onderwerping, verlatenheid en dominansie.  Daar blyk geen ander werklikheid te wees nie. So 'n situasie skep bewustelik of onbewustelik diepe angs en vrees by ons.  Vrees is ons diepste nood.  Die heilsbelofte "Moenie bang wees nie" (1b, 5a), die diepste gerusstelling van die evangelie, spreek juis ons diepste vrese, isolasie, eensaamheid, verlatenheid aan.

God se swye tydens Israel se ballingskap was verdrukkend.  In die heilsbelofte van Jesaja 43:1-7 is Hy weer terug in die gesprek.  Die gesprek oor sy ingrype, redding en transformasie. Hierdie gesprek is lewegewend in die sin dat dit hul ballingskap, slawerny, eensaamheid, vrees, angs en dood vernietig. W.Breuggemann sę deur die gesprek skuif Hy die gordyn oop op 'n verbeeldingryke węreld gegrond op die nuus van 'n God wat handel, praat, leef, sorg en bevry tot anderkant ons nagmerrie-gestruktureerde węreld, anderkant konformiteit, wat voorgee om sekuriteit te bied, anderkant ons eensaamheid, wat 'n vervalsing van onsself is sonder egtheid of waarde. Dit sou egter nie kon gebeur het as Israel nie in hulle nood tot God geroep het nie.  Die heilsorakel, sę W. Brueggemann, is 'n direkte antwoord op die klaaglied van die volk oor hul situasie.  God se antwoord op die volk se noodroep kom in die vorm van 'n heilsbelofte (verlossingsorakel), wat hulle bevry van die verdrukking van die ballingskap.  God verseker hierdie bevreesde volk dat Hy op beslissende en betroubare wyse handel.  Volgens die werkwoorde het Hy alreeds gehandel om hulle situasie te verander. Hierdie heilsbelofte verklaar en verkondig God se soewereiniteit oor alle situasies wat buite beheer skyn te wees.  Hierdie profesie verseker dat God self regeer en in beheer is van situasies wat beleef word as chaos, ballingskap en dood. Israel se noodroep het hierdie aangrypende heilsbelofte moontlik gemaak.  Sonder hierdie heilsbelofte treur ons moedverlore en onveranderd in ons swye, verstaan ons nie wat met ons gebeur nie, want ons verstaan nie dat ons moet praat en luister en antwoord om te kan lewe nie.  Wanneer die profesie van Jesaja 43:1-7 oor God se trou, soewereiniteit en teenwoordigheid weer weerklink,  verander die węreld. Die probleem is egter dat die moderne mens dink dat God swygend buite sy leefwęreld verban is, dat hy 'n bevryde, selfstandige en outonome mens is.  Hy vergeet dat hy geskep is om in gemeenskap met God te lewe.  Daarom swyg hy voor God.  Hierdie swye lei tot vervreemding, isolasie, vereensaming en woede.

Een van die kenmerke van Deutero-Jesaja is dat hy skepping en verlossing aan mekaar knoop.  Sy heilstoesegginge begrond hy in God se skeppingshandelinge.  Die belydenis dat God  die Skepper van die węreld is, is deel van die himniese godsdienstige oorleweringe.  In Jesaja 40:28 knoop Deutero-Jesaja direk by hierdie tradisie aan:  "Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie?  Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde" (Jes 40:28).  Op grond van hierdie bekende belydenis kon hy sy verdere heilstoesegginge begrond, naamlik dat Jahwe in die toekoms ook helpend en reddend met sy volk sal handel.  Sy argument was eenvoudig maar oortuigend:  Sal die God wat die węreld geskep het nie in  staat wees om sy volk uit die slawerny van ballingskap te bevry en aan hulle 'n nuwe toekoms te bied nie?

Burger (Woord teen die lig, Bd. I/5) verwys na twee baie bruikbare preke.  Haarbeck gaan in sy preek van 'n driedeling uit: angs, troos en hoop.  Wolff maak ook baie gebruik van die troos en gerusstelling wat die heilsindikatiewe bied.  Hy begin sy preek deur die angs en nood van die moderne mens te aktualiseer.  In die res van die preek verduidelik hy die perfekta en die nominaalsinne om aan te dui dat God die Subjek en Hooffiguur is wat al ons vrese besweer, wat ons beskerm en bewaar.

Preekvoorstel

1.         By die wending van die jaar sit ons almal met 'n klomp vrese, angs en twyfel.  Dit is gewoonlik vrese en twyfel rondom ons daaglikse bestaan, ons lewensonderhoud, ons gesondheid, ons finansies, die politiek en ekonomie van die dag, die aardse bedreiginge.  Ons vrese op oujaarsaand lę rondom vrae soos:  Gaan ek vanjaar my werk of plaas behou?  Gaan ek hierdie droogte oorleef?  Gaan ek nie vanjaar weer 'n misoes hę nie?  Hoe lank gaan ek nog veilig wees op hierdie plaas (stad, straat, plakkerskamp)?  Gaan my gesondheid hou?  Gaan ek my finansiële verpligtinge vanjaar kan nakom met die dalende rentekoers?  Wat gaan my kinders na skool/kollege/universiteit doen? Wat gaan van my kinders word as hulle nie werk kry nie? As gevolg van die onsekere van die nuwe jaar boesem al hierdie dinge vrees en angs in.

Ons vrese en bedreiginge vandag hang ook saam met die feit dat ons deel is van 'n materialisties-georiënteerde samelewing waarin mense al hoe meer alleen, vereensaam, bedreig, verstoot, verlate en vervreemd van mekaar raak.  Mense voel al hoe meer bedreig, verstote en verlate in hierdie samelewing, omdat hier al hoe minder plek en tyd is vir medemenslikheid en gemeenskap.  Die ‘ratrace' na ‘bigger and better’ en die geweldige kompetisie om so vinnig moontlik die boonste sport in die lewe te bereik, laat net nie daarvoor ruimte nie.  Hier is dit 'n kwessie van ‘adapt or die’.  Die wat nie kan presteer, produseer, vorder, vooruitgaan, hoë hoogtes bereik, die leër tot bo-uit klim nie, het nie plek in so 'n samelewing nie.

Ons vrese, angste, node en bedreiginge kan ook vandag (afhangend van waar ons woon, leef en werk) te wyte wees aan die politieke en ekonomiese strukture waaraan ons elke dag onderworpe is en wat ons lewe en die kwaliteit van ons lewens bepaal. Miljoene mense oor die węreld bevind hulle vandag in lande en situasies waar hulle geen politieke regte of menseregte geniet nie. Wet en orde bestaan nie en die staat blyk geensins besorg te wees oor die veiligheid en geluk van sy burgers nie.  Die burgery word gedomineer deur 'n gevoellose politieke mag wat maak dat hulle dag na dag vir hulle lewens vrees.  Ander mense se nood, bedreiging en vrees hang weer saam met ekonomiese magte en kragte soos Marxisme of kapitalisme wat  maak dat hulle geen menswaardige bestaan kan maak en nooit enige sekuriteit rondom geld of besittings kan hę nie.  Hulle lewe is vasgevang in 'n daaglikse stryd en worsteling om huid en haard aan mekaar te hou en net te oorleef.

Deel van die moderne mensdom se ballingskap lę ook meer op 'n individuele vlak in sy geestelike nood. Ons gaan dikwels van die veronderstelling uit dat God die swygende is wat buite ons leefwęreld verban is.  Onsself is selfstandig en outonoom en kan buite die gemeenskap met God oorleef.  Hoe meer ons  sonder God en sy gemeenskap probeer leef, hoe meer kwyn ons weg, hoe meer raak ons vervreem en vereensaam.  Later tree woede in. Dan begin ons soos die ballinge te wonder en te twyfel oor God se betrokkenheid in ons lewens.  Ons doofheid en blindheid vir God, ons onsensitiwiteit en ongehoorsaamheid ,  maak dat ons wonder oor sy almag en sorg.  Ons twyfel of Hy nog in beheer is van hierdie węreld.  Ons twyfel of God nog regtig vir ons omgee. Ons wonder of God nie dalk van ons vergeet het en sy rug op ons gekeer het nie.  Ons wonder of Hy ons nie aan die genade van die verdrukkende magte en kragte oorgelaat het nie. Soos die ballinge destyds sę ons ook:  "Die Here sien nie raak wat van my word nie" (Jes 40:27).

2.         As 'n kind baie ontsteld en bekommerd is, neem die pa hom gewoonlik styf in sy arms en vertroos hom min of meer met woorde soos:  "Moenie bekommerd wees nie.  Pappa is hier.  Alles is reg". Dit is wat God ook in ons teks kom doen en sę vir ons wat deur ons ballingskap bedreig word en vol vrees en kommer is. Vir ons wat so twyfel aan sy liefde, sorg en betrokkenheid in ons lewens en situasie, kom sę Hy eerstens:  Julle is nog steeds my uitverkore volk wat Ek van die eindes van die aarde af geroep het.  "Ek het jou by jou naam geroep, jy is Myne" (1b).  "Ek is die Here jou God", ‘jou Redder’.  My verbond met jou staan nog steeds vas.  Ek het My nie aan jou onttrek nie.  Ek het jou nie die rug toe gekeer  nie.  Jy is nie alleen en versaak nie.  "Ek is by jou" (2a, 5a). 

3.         Soms is dit vir ons baie moeilik om sulke beloftes te glo.  Ons word mos so vasgevang in die harde werklikheid van elke dag dat ons net twee węrelde beleef:  die ballingskap van politieke magte en kragte wat ons lewe domineer en die ballingskap van ons swaarkry en lyding;  die ballingskap van ekonomiese werklikhede wat ons laat ly en die ballingskap van ons eie worsteling om te oorleef;  die ballingskap as gevolg van 'n materialistiese dominansie en ons eie ballingskap van bedreigdheid, vrees en vereensaming. Kyk ons egter deur die bril van die heilsgeskiedenis na die verhale van die uittog, die ballingskap, die kruis en opstanding van Christus,  na God wat die farao by die Rooisee oorwin (Eks 11:30-31), Daniël wat vreesloos voor Nebukadnesar staan (Dan 3:1-30),  Jesus voor Pilatus (Joh 18:33-19:16), Paulus voor Agrippa (Hand 26:1-32), skuif God vir ons die gordyn oop op 'n verbeeldingryke derde werklikheid (lees ‘węreld’) oop.  'n Węreld wat koninkryke verstom het, vryheid, hoop en moed aan 'n mismoedige volk gegee het.  'n Węreld waarin Israel en ons nie aan Babel en sy dominansie behoort nie, maar aan 'n ander mag en lojaliteit wat Babel vernietig.  God nooi ons in ons teks na hierdie derde węreld.  'n Węreld wat nie gedomineer word deur verdrukkende strukture en stelsels nie, 'n węreld sonder smart en lyding, 'n węreld waar jy onder die heerskappy leef van 'n God wat bevry, regeer, sorg, bewaar, beskerm, alomteenwoordig is.  'n Węreld waarin jy nie hoef te vrees nie, te konformeer nie, hoef te vereensaam nie, maar waar jy kan tuis wees.  Hierdie derde węreld klink miskien verbeeldingryk, maar dit is gegrond op 'n God wat hoor, praat, belowe;  wat trou is, ingryp, handel, bevry van slawerny en ballingskap.

4.         Dit beteken nou nie dat ons nie in die nuwe jaar ook maar rampe en teenspoede sal beleef nie.  Natuurlik sal ons, want ons leef in 'n gebroke werklikheid.  Wat ons egter kan weet en waarvan ons seker kan wees, is dat ons in alle bedreiginge, in alle gevaar en nood, in alle rampe kan reken op die Here se teenwoordigheid, sorg en bewaring.  Soos wat Hy met die ou volk voor die aanstormende Egiptenare deur die Rooi See heen getrek het, sal Hy in die nuwe jaar met ons wees.  Daarom dat Hy in vers 2 belowe:  "As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie."

5.         As ons nog aan al hierdie wonderlike beloftes twyfel, is dit belangrik dat ons na die God gaan kyk wat hierdie beloftes gemaak het.  Die God wat hierdie beloftes gemaak het, kan dit gestand doen, want Hy is die Heer van die geskiedenis en die natuur.  Hy kan die waters van die Rooi See en die Jordaan beveel dat dit moet oopgaan om sy volk te laat deurtrek, en hulle gehoorsaam Hom. Hy kan volkere en nasies laat val en opstaan om sy volk uit ballingskap te bevry.  Jesaja 43 wil nie net sę dat Hy sy kerk kan help nie, maar dat Hy ook kragtens sy verbond verplig is om ons te help.  Hy moet help, want so was sy verbondsooreenkoms met ons.  Daartoe het Hy homself verbind.  God help ons egter nie omdat Hy moet en verplig is daartoe nie, maar omdat ons kosbaar is in sy oë en omdat Hy ons liefhet. (4a).  Dit is die hele geheim agter die boodskap van Jesaja 43:1-7.  Dit is die ongelooflike evangelie van Jesaja, dat God nadat sy volk ander gode bo Hom lief gekry het en in sonde geval het, steeds vir hulle lief gebly het!  Dit is nie net God se trou wat Hom aan Israel gebind het nie, maar sy liefde.  Hierdie liefde het ons op sy duidelikste aan 'n kruishout op Golgota gesien.  Daar het God  sy Seun vir ons laat hang, omdat Hy ons so liefhet.

6.         In al God se heilsbeloftes, liefde, sorg, beskerming en bevryding gaan dit om sy eer en verheerliking.  Hy het ons immers geskep en uitverkies vir sy eer.  Sy Naam is aan ons name verbind.  Wat dus met ons gebeur, gebeur ook met Hom.  As ons dus in ballingskap verval, bevry hy ons sodat ons kan leef tot die eer van sy Naam en sy getuies op aarde kan wees.  Mag God ons hiertoe help in die nuwe jaar!