Ander
tekste: Psalm 85;
Lukas 11:1-13; Kolossense 2:6-15
In Woord
teen die Lig II/3 word hierdie perikoop ook bespreek. Hoewel daar in hierdie artikel geen opsomming van hierdie
perspektiewe deur Coenie Burger gaan wees nie, het hy tog baie belangrike
perspektiewe oor die teks deurgegee waarna verwys sal word.
Volgens
Brueggemann vorm die teks deel van die groter geheel wat van 18:16-19:38
strek. Die hart van die groter gedeelte
vind ons in die storie van Sodom en Gomorra (19:1-29). Brueggemann merk op dat die mans of
besoekers in hierdie gedeelte nou ’n ander funksie het as toe hulle by Abraham
en Sara besoek afgelę het. Tóé moes
hulle ’n belofte aankondig. Nóu moet
hulle die einde aankondig.
Die
teksgedeelte word soms as ’n voorsetting van die voorafgaande gedeelte gesien
en soms as ’n inleiding tot wat in Sodom en Gommorra sou plaasvind. Saam met Burger kan eerder gekies word om
die teks as ’n selfstandige een te hanteer, hoewel dit nie onafhanklik van die
voorafgaande en daaropvolgende perikope gelees moet word nie. Brueggemann waarsku egter tereg dat ons die
hele gedeelte met groot versigtigheid moet lees: ‘It easily lends itself to
conclusions which are wooden, mechanical, and concrete-operational about the
reality of God. Unless interpreted carefully, this passage will be taken as
support for mistaken theological notions that are uncritical and destructive.
The most obvious dangers of perverse interpretation relate to (a) the stylized
and stereotyped description of judgment and destruction (19:24-28); (b) the
appeal to numbers in 18:26-32 which will too easily reduce God's righteous
purposes to arithmetical calculation; and the offense of Sodom which in popular
usage and perhaps in 19:5 is homosexuality. If these three factors – stylized
judgment, numerical calculation, and a simplistic moralizing on homosexuality –
are brought together according to popular understandings, the text will yield a
teaching remote from the gospel.’
18:16-19: Die
verbondenheid van God aan sy beloftes kom hier baie sterk na vore. Ten spyte van die twyfel van Abraham en sy
vrou oor die aankondiging van die baba wat gebore sou word, bly God steeds
getrou. Hy herinner Homself aan die beloftes wat Hy reeds in Gen 12:1-3 aan
Abraham gemaak het. Hoe sal Hy sy
‘voorneme’ om Sodom te vernietig van die draer van sy beloftes weerhou? God vergeet dus nooit sy beloftes nie.
Maar die
seën aan Abraham het ook die imperatief van optrede wat ‘goed en reg’ is
ingesluit. Hierdie woorde word in die
profetiese literatuur gebruik as ’n samevatting van hulle boodskap (Am 5:7,24;
Jer 33:15). Om die gebruik van hierdie
verse as problematies te sien, is nie korrek nie. Brueggemann sę: ‘The
righteousness and justice of Abraham are not simply moral obedience. They are
also a passion for the well-being of the very ones who have violated God.’ Die
feit dat die Here Abraham ‘ken’ (Hebreeus: yada
– NAV vertaal met ‘kies’), behoort Abraham in beweging te bring om getrou te
wees aan sy roeping as geseënde deur wie die seën ook na ander sal vloei.
18:20-22:
Hierdie verse is uiters belangrik vir die verstaan van die res van ons
Skrifgedeelte. Die wonder van God se
genade kom baie sterk na vore. Anders
as die heersende opvatting van sonde-straf, word die straffende God hier deur
Abraham onder ‘kruisverhoor’ geneem. ’n
Ou tekswysiging word in die NAV (teenoor die 1933 vertaling) uitgeskakel. Vir die Masorete was dit onaanvaarbaar dat
God voor Abraham kon staan en daarom het hulle die teks gewysig om te lees dat
Abraham voor God gestaan het (22). In
die NAV word gesę dat 'die Here het by Abraham bly staan’ het. Hierdie vertaling laat reg geskied aan wat
daar werklik staan en open wonderlike teologiese perspektiewe. Dis asof die Here Abraham uitnooi om met hom
in gesprek te gaan oor die sonde van Sodom en Gomorra. Jagersma sę: ‘Die Here staan hier dan ook in die houding van die regter voor
Abraham. ’n Houding wat as ’t ware die
stilswyende uitnodiging aan Abraham inhou om dit nou uit te spreek. Immers, die węreld waarin hy nou leef –
Sodom en omgewing – word nou deur totale ondergang en vernietiging bedreig en
die geroepene – die geroepe gemeente – kan en mag nie stilswyend en sonder om
iets te doen toekyk nie. En dit is die
Heer self wat op hierdie manier en met hierdie houding Abraham uitdaag om vir
hierdie bedreigde węreld op te kom.’
Hierdie
woorde van Jagersma moet ook gesien word in die lig van die verse 20-21. Die geroep van Sodom en Gomorra (wat die
sonde ookal was), was groot, maar op ’n baie menslike manier word beskryf dat
God ‘self’ wil kom kyk of dit waar is.
God se oordeel is nooit finaal nie.
Hy wil nie onregverdig wees nie.
Dis asof die Here aan Abraham die opening gee om met Hom in gesprek te
tree.
18:23-32:
Abraham gryp die kans aan om met die Here te gesels. Die res van die hoofstuk word gewy aan die
‘nuwe’ manier waarop ’n mens oor God mag dink.
Die eenvoudige moralistiese godsdiens van goeie dade-beloning en
sonde-straf, word hier deurbreek: ‘It
is as though Abraham is Yahweh's theological teacher and raises a question that
is quite new for him. The question concerns Yahweh's willingness to set aside
the closed system and approach the world in another way. Abraham is the bearer
of a new theological possibility....In these questions, Abraham urges God that
he should act like God and not like a childish, score-keeping litigant ... If
God should act in such a calculating way, he diminishes and jeopardizes his own
holiness’ (Brueggemann).
Abraham se
eie ervaring as gelowige het waarskynlik ook hier ingespeel. Daarom is kommentatore reg as hulle sę dat
hier van groei in sy lewe sprake is.
Teenoor sy lafhartige eie pogings in Genesis 12 en 16, sien ons hier
iemand wat só deur God se teenwoordigheid oorweldig word, dat Hy bereid is om
sy roeping ernstig te neem en vir die stad in nood in te tree. As twyfelaars het Abraham en Sara telkens
ontdek dat God nie sy woord en beloftes aan hulle terugtrek nie. Ook al lag hulle oor God se beloftes, gaan
Hy aan met sy plan. Ook al is Abraham
erg bewus van sy eie gebrokenheid (18:27), het iets reeds by hom
deurgebreek: God is die getroue
God. Daarom sal dit ook nou vreemd wees
as die Here ‘onregverdig’ optree.
Die
korporatiewe denke van die Ou Testament, waardeur ’n hele groep mense deur die
ongehoorsaamheid van een of twee in ellende gestort word (sien die gebeure by
Ai en Jerigo toe Akan bangoed gesteel het – Josua 7:22-25), word deur Abraham
omgekeer. Sou dit nie moontlik wees dat
die geregtigheid van ’n paar die ongeregtigheid van vele kan oorskadu nie? En God gee hom gelyk. Dit sou wel kon.
Hierdie
gedagte word in die Ou Testament en later in die Nuwe Testament ook
aangetref. Die geregtigheid van God eis
dat daar teen die sonde opgetree moet word, maar deur die trou van God word die
gedagte van korporatiewe skuld telkens op die agtergrond verdryf. Wanneer God met pyn in sy hart sit oor die
verskriklike goddeloosheid in die węreld en besluit om dit te vernietig, sien
ons dat Hy steeds vir Noag spaar (Gen 6).
Wanneer die volk teen God oortree, herinner Moses God aan sy verbond met
Abraham en ‘versag’ God se toorn (Eks 32,33).
Wanneer die volk kla omdat hulle in ballingskap is weens die sonde van
hulle voorvaders (Eseg 18), bevestig die profeet dat die skuld van ouers nie
teen kinders gehou sal word nie.
Wanneer God se toorn teen die volk sonder twyfel gaan ontvlam, bedwing
God Homself omdat Hy nie soos mense wil wees nie (Hos 11:8,9). Sy liefde brand sterker as sy toorn. In Jesaja 53 lees ons dat die kneg van die
Here die straf van die volk plaasvervangend gedra het. Die onskuldige kneg word die waarborg dat
die hele volk se sonde gedra is. Ook
die Lam van God dra die sonde van die hele węreld weg (Joh 1:29). En Paulus bely helder en duidelik: ‘Deur die oortreding van die een mens het die
dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus
Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak
as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer. Soos een oortreding gelei het
tot veroordeling vir alle mense, so het een daad van gehoorsaamheid dus ook
gelei tot vryspraak en lewe vir almal. Soos baie deur die ongehoorsaamheid van
een mens sondaars geword het, so ook sal baie deur die gehoorsaamheid van die
een Mens vrygespreek word’ (Rom 5:17-19).
Of Abraham
by twintig of tien regverdiges op sou hou, sou geen verskil aan die dialoog
gemaak het nie. Nie die getal nie, maar
die saak waarom dit gaan, is belangrik om te snap (Brueggemann). Die Regter word die gespreksgenoot: ‘God is now more attentive to and more moved
by those who obey than those who do not. Such an argument questions every
caricature of God as the score-keeper and guardian of morality who is ready to
pounce and judge and punish. No, God is more ready to celebrate, acknowledge,
and credit for all the right-relatedness of a few’ (Brueggemann). Burger merk
tereg op dat die strakke lyne wat moontlik oor God kan bestaan, deur die
skrywer deurbreek word. Die Here se
openlike ‘gesprek’ met Abraham oor hierdie saak is ‘n baie goeie aanduiding
daarvan. Ook deur die aanduiding dat
die Here self wil gaan kyk of die geroep van Sodom en Gomorra regtig so erg is,
‘wil die outeur ons laat inkyk nie alleen in God se absolute billikheid nie,
maar ook in sy openheid en ruimheid van Persoon...Uit die geheel van die
perikoop is dit duidelik dat God se besluit oor Sodom en Gomorra nie finaal,
onberoulik, onomkeerbaar was nie’
Die
verskillende preekmoontlikhede kan in In Woord teen die Lig II/3 nagegaan
word. Vir die doeleindes van hierdie
preekstudie kan aan twee ander sake aandag gegee word:
1. Wat beteken dit om deur die Here verkies te
wees? Die motief van Abraham se
geroepenheid en verkiesing word in ons teksgedeelte weer aangeraak. Om die verkiesing van God beter te verstaan
is dit nodig om te benadruk dat die Ou Testament dit deurgaans vermy om die
aandag op die status van die volk te fokus.
In Deuteronomium 7:6-8 word die verkiesing van Israel in 'n positiewe en
negatiewe sin beskrywe (Craigie).
Enersyds word beklemtoon dat die volk nie verkies is op grond van hulle
voortreflikhede nie. Andersyds word
gesę dat die volk gekies is weens God se liefde en trou. Daar kan aan die verkiesing van die Godsvolk
in die Ou Testament slegs op een manier gedink word, en dit is dat God se
aktiwiteite alle menslike aktiwiteite voorafgaan (Schmidt). Die verkiesing
is 'n genadedaad van God wat alleen in sy liefde en trou gegrond is en daarom
is God vir hierdie daad van verkiesing aan niemand verantwoording verskuldig
nie (Zimmerli). In die Nuwe Testament
word hierdie absolute genadige karakter van die verkiesing ook aangetref. Die verkiesing in Christus is een van die
Nuwe-Testamentiese maniere waarop die genadekarakter van die verkiesing
benadruk word (Berkouwer). Die woorde
van Calvyn in hierdie verband is oorbekend.
Die hemelse Vader moes sy oë op Christus vestig "omdat Hy in die
hele saad van Adam niks gevind het wat sy uitverkiesing verdien het nie"
(III, 22:1).
Die
verkiesing in Christus volgens Efesiërs 1 is nie slegs 'n illustrasie of
aksentuering van die genadige verkiesing van God nie, maar is ook die
uitsluiting van alle verdienste (Berkouwer).
Die uitnemende van God se verkiesing is daarom dat God barmhartigheid
teenoor tollenaars, hoere en sondaars betoon het. Dit is inderdaad so dat wanneer mense na sedelike redenering
verlore is, hulle deur die genadige verkiesing van God nie verlore is nie
(Noordmans).
Maar die
prediking of aankondiging van die verkiesing funksioneer in die Skrif nooit as
objektiewe informasie oor 'n nuwe rigting wat God met sy volk wil gaan
nie. Bachar in die Ou Testament beteken nie in die eerste plek dat God
vir 'n bepaalde groep of persone gekies het nie, maar beteken allereers dat God
verkies tot, aanwys as" (Vriezen). Die verkiesing van die koning, stad of die
volk is 'n verkiesing tot 'n bepaalde taak of amp. Aan die hart van God se verkiesing is daarom nie 'n arbitręre
keuse nie, maar 'n doelgerigte verkiesing tot diens.
Die
korrelasie tussen verkiesing en gehoorsaamheid word ook in die Nuwe Testament
aangetref. Die voorneme en genade van
God word in Efesiërs 1:13 deur die prediking van die evangelie bekend
gemaak. God is deur die verkondiging
van die evangelie verkiesend in die tyd werksaam. Hierdie evangelie van God se genadige verkiesing in Christus is
op die geloof gerig. In Kolossense 3:12-17 is die feit dat die gemeente die eklektoi van God is (3:12), die rede
waarom daar in die regte verhouding met mekaar binne die gemeente geleef moet
word (3:13), vir die weg van die liefde gekies moet word (3:14), in vrede met
mekaar en dankbaar teenoor God geleef moet word (3:15-17). Die verkondiging van die genadige verkiesing
van God kan die mens nooit passief maak nie.
Die verkiesing van die volk van God skep geen outomatiese bevoorregte
posisie vir die volk nie, maar is gerig op die liefdevolle reaksie van die volk
op God se genadige verkiesing wat Hy op grond van sy trouverbond gemaak
het. Vir die Ou Testament bestaan daar
'n korrelasie tussen die goddelike verkiesing en die dankbare menslike
verantwoordelikheid. Daarom het die
verkiesing nie 'n valse gerustheid nie, maar eerder 'n groter mate van
verantwoordelikheid tot gevolg (Zimmerli).
Hierdie
perspektief is veral ter sake wanneer die 18:16-19 in behandeling geneem word.
2. Die voorbidding van Abraham moet binne die
konteks van God se trou verstaan word.
Jagersma sę wel, soos baie ander kommentatore en preke, dat een van die
belangrikste aspekte van die Skrifgedeelte in Abraham se bereidheid om voorbidding
te doen, geleë is: ‘Waar dit op aankom
is die teenwoordigheid van ’n gemeenskap van mense waarin die geregtigheid van
die Heer sigbaar word. Die gemeenskap
is daar aanwesig en inderdaad ook sigbaar waar mense saam bewus is van hulle
dienende taak in die węreld rondom hulle.
Waar dit alles gesien en gedoen word, is ook die egte gemeente van
Christus sigbaar in die węreld.’
Hierdie en ander opmerkings moet egter ook gesien word in die lig van
God se toegeneëndheid tot die węreld in sy nood. Dis asof die Here ‘self’ wil sien hoe gebroke die węreld is. Daarom kom Hy ook uiteindelik self hierheen
in die gestalte van Jesus. God word mens. Hy vergewis Hom van die nood van die węreld – eerstehands! As enigste regverdige sterf Hy vir die
goddelose węreld. God kan nie in die
kassie van ‘so is Hy’ gedruk word nie.
Op God kan jy nie jou hand lę nie.
Sy trou laat Hom ‘vreemde’ dinge doen.
Omdat Hy oop is vir oortuiging, kan ons met Hom praat en
onderhandel. Hy staan by ons wanneer
die nood in die węreld onafwendbaar lyk en daag ons uit om ons roeping op te
neem om daarvoor te bid. Wanneer die
onvrugbaarheid van Abraham en Sara skynbaar die laaste sę het, kondig God aan
dat die nuwe begin aan Hom alleen behoort.
Wanneer die verwoesting van die węreld onafwendbaar lyk, is dit God se
trou wat Hom daartoe lei om toe te gee dat Hy bereid is om straf te
herroep. Hy doen dit op grond van die
gehoorsaamheid van die enigste gehoorsame, Jesus Christus – nie op grond van ons
voorbidding nie.
Boontjie
kry sy loontjie! Dis die lied van die
mens. In ons prestasiekultuur is dit
juis hierdie lied wat ons hele lewe in beslag neem. As jy hard werk, sal jy beloon word. As jy droogmaak, sal jy moeilikheid kry. Ons werk met hierdie geslote sisteem in die
werk en in die kerk. As jy gesondig
het, word jy gestraf. As jy goed gedoen
het, sal dit jou help. Ons raak ook
maklik deel van die koor van veroordeling oor sonde en dat ‘boontjie maar net
sy loontjie’ kry. Dink maar aan die
geweldige veroordeling wat jy soms hoor as iemand wat ’n belangrike figuur in
die samelewing was, sy Moses teëkom.
Dis asof die koor van veroordeling en spot dan helder en duidelik uit
die kele van God se mense kom.
‘Boontjie kry sy loontjie!’ Elke
hond ry sy dag. Dis reg so! Miskien sal die ‘sondaars’ nou begin luister
as die Vigsepidemie eers regtig begin om mense uit te wis! Al lę die węreld in sy nood op die afgrond
van ’n ekologiese krisis is dit asof Christene eerder teen die węreld in sy nood is as betrokke daarby.
Hoekom is
Christene soms so hard en koud teenoor die nood in die węreld? Miskien is dit so omdat ons eie sonde so
baie is dat ons liewer oor ander se sondes en foute praat as ons eie. Miskien skreeu ons op onsself. Maar volgens hierdie verhaal is dit miskien
omdat ons nie verstaan wat dit beteken om geseëndes, geroepenes van die Here te
wees nie. Die belangrikheid van Abraham
se roeping is dat God hom gekies het ‘dat hy sy kinders en sy nageslag kan
beveel om op my pad te bly deur te doen wat goed en reg is, sodat Ek vir
Abraham kan doen wat Ek hom beloof het’ (18:19), kan hier beklemtoon word. Ons ontvang nie God se seën sodat ons
onsself daarin kan verlustig nie. Ons
word nie gekies sodat ons die liefde van die Here vir onsself kan hou nie. Nee, Abraham moes deur alles wat met hom
gebeur het meer en meer ontdek dat hy net ’n kanaal is waardeur die Here se
seën na ander moet vloei (sien ook verband met Gen 12:1-3).
God kan nie
in ons liedjie vasgevang word nie. Die
verhaal van Abraham en God ... van God voor Abraham, moet ons twee maal oor ons
geslote sisteme van sonde-straf laat dink.
Dis asof God vir ’n oomblik by Abraham stilstaan om te vra of hy dan
niks te sę het oor die geweldige vernietiging wat op Sodom wag nie. En Abraham het iets te sę. Hoewel God die regter is, kan Abraham dit
nie met sy ervaring van God se genade in verband bring dat onskuldige mense
saam met skuldiges gestraf sal word nie.
Dis nie die genadige God wat hy deur al sy dae van vertwyfeling en
eiesinnigheid leer ken het nie. Daarom
beroep hy hom op die lewende God wat nie in sisteme vasgevang word nie. In hierdie verhaal word die teorie van
eenvoudige moralisme op die kop gekeer.
Die gedagtes wat hierbo by 18:23-32 bespreek is oor die veranderlikheid
van God, kan hier benut word. Telkens
wanneer ons dink dat dit klaarpraat met mense is, is God bereid om nie soos
mense te oordeel nie, maar op grond van sy onvoorwaardelike liefde. Dit kan uitloop op die wonderlike gedagte
van die plekruiling wat uiteindelik in Christus die hoogtepunt van God se
‘onvoorspelbare’ genade is. In plaas
daarvan dat die hele węreld gestraf word, dra Één die straf vir die sonde van
almal (Rom 5:12-21). Nou word ons almal
geseëndes. Selfs die sonde van Sodom en
Gomorra word daardeur versoen.
Abraham
word nie geroep om deel van die vloek oor Sodom en omgewing te wees nie. Ons oordeel as kerk stel die diepste dieptes
van die verval in waardes te toon.
Wanneer kerkmense veroordeel en liefdelose kritiek uitspreek, verstaan
ons dikwels nie dat ons optrede die Here se mense in diskrediet bring by die
węreld nie. Weens ons oordele en
Godspelery oor ander se lewe, lag die węreld vir die soort evangelie waarvan
ons draers behoort te wees. ’n Mens voel oneindig hartseer wanneer jy briewe in
die openbare pers lees waarin Christene mekaar en mense soos broer Clinton op
kras maniere veroordeel. Mens voel
amper om te skree: Hou tog net op! En dis nie omdat jy die korrupsie, leuens,
moord, egbreuk, of bedrog goedkeur nie.
Dis omdat jy weet dat die węreld weereens gaan beleef dat Christene
harde en onversetlike mense is.
Geroepenes
word geroep om in te tree vir die węreld se nood. Ons kan nie maar toesien hoe alles tot niet gaan en ons hande in
onskuld was nie. Die woorde van
Jagersma by die bespreking van 18:20-22 kan hier treffend ingespan word. As ons aan ons roeping as geseëndes
uitdrukking wil gee, sal ons die geleentheid wat God ons gee om die weë van
‘goed en reg’ self na te jaag, aan ons kinders te leer en te bid dat God die
skuldige węreld ook op grond van die verdienste van die een Regverdige sal
spaar, ernstiger moet neem. Die woorde
van Luther in sy tafelgesprekke is aangrypend:
‘Soos ’n skoenmaker skoene maak en ‘’n kleremaker klere, so moet ’n
Christen bid. Dit is sy werk. Die gebed hou die węreld in stand. Sonder die gebed sou die węreld heel anders
daaruit sien. Ons hoef nie bang te wees
om ons tot hom te rig nie, want Hy verhoor ons gebed om Christus se ontwil. Dit weet ek uit eie ervaring, want my gebede
word altyd verhoor en ek kry soms meer as wat ek gevra het – al laat God my
soms ’n tyd lank wag...’
Die
volgende verhaal beskryf die tragedie van die kerk. Ons het deur Christus ’n oop deur by die Vader. Ons kan met Hom praat en ons sake met Hom
bespreek. Maar soms kan ons so in
hierdie godsdienstige voordele opgaan dat ons die nood van die węreld miskyk
‘It was a cold winter's day that Sunday. The parking lot to the church was filling up
quickly. I noticed, as I got out of my car, that fellow church members
were whispering among themselves as they walked to the Church. As I
got closer, I saw a man leaned up against the wall outside the church. He was
almost laying down as if he was asleep. He had on a long trench coat that was almost in
shreds and a hat topped his head, pulled down so you could not see his face. He wore shoes that looked 30 years
old and too small for his feet. They had holes all over them and his toes stuck out. I assumed this man was homeless and
asleep. So I walked on through the doors of the church. During the few
minutes we stood around fellowshipping, someone brought up the subject of the
man laying outside. People snickered and gossiped but no one bothered to
ask him to come in, including me. A few moments later church began. We all waited
for the preacher to take his place and to give the Word.
Then the
door opened. In came the homeless man walking down the aisle with his head
down. People gasped and whispered and made faces. He made his way down the
aisle and up onto the pulpit. He took off his hat and coat. My heart
sank. There stood our preacher. He was the homeless man. No one said a word. The
preacher took his Bible and laid it on the stand and began, Folks, I don't
think I have to tell you what I am preaching about today." Then he started
singing the words to this song,
"If I can help somebody as I pass along, if I can cheer somebody
with a word or song, if I can show somebody that he's traveling wrong, then my
living shall not be in vain."
Ook vir
hierdie nood van ons, tree die groot Voorbidder op hierdie oomblik in omdat óns
skuld ook deur die Plaasvervanger gedra is.
Bibliografie
G Ch Aalders: Genesis Vol II. Michigan. Zondervan, 1981. Walter Brueggemann: Genesis. Atalanta. John Knox Press. 1982. C W Burger: Genesis 18:16-33, in Riglyne vir prediking oor die Genesisverhale. Woord teen die Lig II/3 (CW Burger, BA Müller, DJ Smit – reds). Kaapstad. NG Kerk-Uitgewers, 172-82. Coenie Burger: Storie vir ons tyd. Die hoopvolle verhaal van Abraham en Sara oorvertel vir ’n oorgangstyd. Kaapstad. Lux Verbi. 1994. H Jagersma: Abraham. Kampen. JH Kok, 1977. Derek Kidner. Genesis. Leicester. IVP, 1967. Walter Lüthi. Abraham. Basel. Friedrich Reinhardt Verlag, 1967. G Von Rad: Genesis. London. SCM Press, 1972.