Ander
tekste: Psalm 49;
Jeremia 46:13-28; Kolossense 2:20-3:11
In terme
van die verdeling van die boek, tref ons die gelykenis van die ryk dwaas in die
tweede hoofdeel van die boek aan (9:51-19:27).
In hierdie gedeelte word talle gelykenisse en lering aangetref met min
wonderwerke. Die indeling van die
gelese gedeelte deur Bailey (1983) maak sin.
12:13,14:
Gesprek in die vorm van ’n versoek en antwoord tussen Jesus en ’n anonieme
klaer:
12:15:
Wysheidspreuk: ‘Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid,
want ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.’
12:16:
Besittings geskenk
12:17-19:
Drie ‘toesprake’ deur die ryk man.
12:20: Besittings nagelaat.
12:21: Wysheidspreuk
12:13: Die begeerte van die klaer was om
onafhanklik van sy broer te lewe. Die
ideaal was eerder dat broers in vrede sou saamleef (Ps 133). Hiervoor het hulle na die rabbi’s gegaan.
Die rabbi het in Jesus se tyd die reg gehad om die wet te verklaar (Sien Num
27:1-11; Deut 21:15 e.v.). Hoewel die
rabbi’s verklaar het ’n verdeling van die erfenis moes plaasvind indien een
erfgenaam dit sou versoek, verstaan Jesus sy bediening nie so nie (Bailey
59). Hy laat Hom ook nie gebruik om
mense se eie gierigheid aan te help nie.
Volgens Bailey kan ons aanvaar dat die klaer Jesus aan sy kant wou kry,
aangesien hy geweet het wat die rabbi’s behoort te antwoord. Bailey (59) glo ook dat ons hier met ’n
roepe na reg te doen het: ‘A demanding
voice says, ‘Give me my rights.’ We are left to assume that this petitioner is
unwilling to consider his problem from any perspective other than his
own.’ Op hierdie manier toon die klaer
reeds sy selfgerigtheid.
12:14: Jesus se antwoord is duidelik.
Deur die uitdrukking ‘man’ gee Jesus reeds sy misnoeë bekend. Hy aanvaar nie die soeke na die reg van die
klaer nie, want hy is nie die regter en deler van besittings nie. Hy het belangriker dinge om hom mee besig te
hou. Ons sou kon sę dat Jesus se
optrede eerder op omgee vir mekaar ingestel was as op die verdeling van
gesinne. Nie besittings nie, maar
gesindhede verdeel mense. Die woorde
vir ‘verdeler’ (meristes) en
‘versoener’ (mesites) lyk in die
Grieks byna dieselfde. Bailey verwys na
’n interessante dialoog in die Evangelie van Thomas: (A man said) to him: Speak
to my brothers that they divide my father's possessions with me. He said to
him: O man, who made me a divider! He turned to his disciples (and) said to
them: I am not a divider, am I? Die antwoord wat veronderstel word is
duidelik: Nee, u is nie ’n verdeler
nie, maar versoener.
12:15:
Agter die vraag van die man lę gierigheid. Die wysheidspreuk beklemtoon dat die probleem nie by die
besittings lę nie, maar by die gesindheid dat meer besittings groter waarde aan
die lewe gee. Psalm 49 is ’n
wysheidspsalm wat in ’n sekere sin as agtergrond tot hierdie Skrifgedeelte kan
dien. Selfs die mense wat grond op
hulle naam gehad het, kan nie ewig lewe nie.
Wanneer jy dink dat jou toekoms deur besittings gewaarborg word, is jy
soos ’n dwaas.
12:16: Die
rykdom van die persoon staan hier voorop.
Hy is reeds ryk en ontvang toe die seën van ’n groot oes.
12:17-19: In die sentrum van die gedeelte staan die
‘eenparige’ probleemoplossing van die ryk man.
Gewoonlik het die mense hulle voornemens in gesprekke met ander getoets,
maar die ryk man doen dit self. Let op
hoe selfgerig die gesprekke is. Dit is
‘ek’ wat iets moet doen ‘my oes’. ‘My
skure’ sal groter gebou word vir al ‘my graan’ en ‘my ander goed’. Hy het ’n aangename probleem. Deur sy planne het hy sy toekoms
verseker. Sy nuwe skure sou sy
‘probleem’ oplos. Die ryk man geniet sy
besittings op ’n selfsugtige manier, sonder om sy medemens in ag te neem. Bailey som die situasie baie goed op: ‘This
speech is not sad, rather it is pitiful, This wealthy, self-confident man has
arrived, he has made it. All that he has longed for has now been realized. He
needs an audience for his arrival speech. Who is available? Family? Friends?
Servants and their families? Village elders? Fellow landowners? Who will
"rejoice with me?" The father in the parable of the Prodigal Son has
a community ready at any moment to join him in a festival of joy (Luke
15:22-24). The shepherd and the woman call in their friends and neighbors to
rejoice over the found sheep and coin (15:6,9). The gregarious Middle Easterner
always has a community around him. But this man? He can only address himself.
His only audience is his own nefesh ... The issue is his mentality. He thinks that
the total needs of the total person can be met by material surpluses well
preserved for the owner's exclusive use’ (66).
20:20:
Selfversekerde en selfgerigte genieting van die hede hou nie rekening
met die skielike verandering van ’n
mens se lewe nie. Die gedagte
dat die lewe ’n lening is wat aan God terugbetaal moet word, word vervat in die
Griekse woord wat met ‘opeis’ vertaal word (Marshall). Wanneer die dood intree, help geen goed nie
(Ps 49).
Die
gelykenis sę nie wat die reaksie van die ryk man was nie. Die skrywer laat die verhaal oop. Elkeen kan hierop antwoord. Bailey (68) noem ’n paar moontlike antwoorde: ‘I am mistaken; wealth does not bring
genuine security! Or, why did I not help others when I could? Or is the
reader/listener expected to overhear the discussion of Psalm 49:10 ... If this
is the case, Psalm 49 discusses the rich man's inability to ransom himself with
his wealth which he leaves behind. Is this the direction the listener's mind is
to go? Is this parable a commentary on Luke 9:23-24? The parable does not
finally give up its secrets. The rich man's silence leaves each reader/listener
to answer out of his own soul.’
12:21: Die
ryk wees in God, hou waarskynlik ook verband met die ‘skat in die hemel’ Die ryk man het skatte vergader, maar was
steeds arm.
Bailey (70)
som die kerngedagtes van die gelykenis soos volg op: 'The petitioner from the crowd is pressed to affirm that the real
problem is not the division of inheritance, but a will to serve self rather
than to serve God (by serving others, including the brother).’
Die
sogenaamde ‘algemene’ waardes kan binne koninkrykstyd gereeld aandag kry. Geld en besittings is natuurlik nie iets wat
gereelde aandag in ons prediking kry nie.
Iemand het spottenderwys gesę:
die predikant mik vir ons hart, maar tref eerder ons sak! Miskien is dit omdat ons harte in ons sakke
sit. Geld en besittings is egter net so
’n geestelike saak soos om Bybel te lees.
Thielicke het gesę: Ons
spaarboek het miskien meer met hemel en hel te doen het as ons psalmboek. Floor sę weer: aan ons boekhouding lees God
af of ons ons hou aan sy Boek. Die
manier waarmee ons met ons besittings werk, laat God sien of ons sy Boek
verstaan.
Ons ly aan
’n konstante platoniese siekte om die materiële en ‘geestelike’ te skei. Hierdie gelykenis laat eintlik ook geen
ander moontlikheid oop om oor ons verhouding tot ons besittings te preek
nie. Ja, dis wel moontlik om te
konsentreer op rykdom in God, maar nie sonder om die gehegdheid aan ons
materiële welstand aan te spreek nie.
Klaarblyklik is daar tussen hierdie twee ‘magte’ ’n konstante
spanning. Wie die uitsig op God se
toekoms verloor, verloor perspektief wanneer dit by besittings kom.
Scheffler
(66,67) maak die volgende baie belangrike opmerkings van belang vir hierdie
gedeelte: ‘Armoede was 'n probleem van
die Lukaanse gemeenskap. Sonder om te aanvaar dat armoede 'n probleem was in
Lukas se gemeenskap, is Lukas se uitgebreide klem op armoede (o .1:53; 4:18;
6:20-21; 7:22) en liefdadigheid teenoor armes (14:13,21; 16:19-30; 18:22; 21:3)
nouliks te verklaar. Daar was binne die Lukaanse gemeenskap rykes én armes en
Lukas wou die rykes oproep om te deel met die armes (3:11) ... Ryker Christene
het begin verstrik raak in 'n hoogmoedige, materialistiese,
hier-en-nou-bestaan. Die Evangelie
openbaar ook 'n besorgdheid oor ryk Christene wat nie direk in verband staan
met hulle verhouding tot, of die behoeftes van, armer Christene nie. Die Evangelie
stel ook ’n situasie voor waar Christene (soos die saad wat tussen die dorings
geval het in die gelykenis van die saaier) verstik word deur die 'sorge en
rykdom en genietinge van die lewe' (8:14). Binne so 'n konteks maak die
gelykenis van die ryk dwaas (12:13-21) en Jesus se oproep tot 'n sober
lewenswyse (12:22-34), waarin die afsweer van besittings aangeprys word, ook
sin. Lukas 12:45 suggereer dat hierdie verstrikking van die rykes ook verband
hou met die vertraging van die wederkoms en aanleiding gegee het tot
hoogmoedige aggressie teenoor ander Christene en brassery (vgl. ook 17:26-28).
Hierdie ontvlugting in rykdom en plesiersoekery wat binne die Lukaanse
gemeenskap plaasgevind het, staan nie noodwendig in kontras met die lyding en
aanvegting wat Lukaanse Christene oor die algemeen beleef het nie, maar kan
eerder beskou word as 'n reaksie op die wanhoop wat oor die algemeen ervaar
is.’
Al het die
węreld ’n soort ‘global village’ geword waarin mense nader as ooit tevore aan
mekaar is, lyk dit of die kloof tussen ryk en arm net groter word. In die Business
Day van 15 Julie 1999 begin die berig met die woorde dat die węreld nog
nooit tevore so geďntegreerd en nog nooit tevore so verdeeld was nie. Ten spyte van die aandag wat daar in die
media aan armoede gegee word, bly die armes van die węreld steeds arm. Hulle leef nog steeds die eensame en
desperate lewe waarin hulle wonder waar vandag se kos vandaan gaan kom en waar
hulle vanaand beskut gaan slaap. ’n Mens
kan jou goed voorstel dat hierdie mense nie eintlik oor ’n toekomsvisie nadink
nie.
In die
berig word aandag gegee aan ’n verslag van die ontwikkelingsprogram van die
VN. ’n Paar aspekte maak ’n mens
bekommerd. In 1997 het een vyfde van
die węreld se bevolking in die hoë inkomstegroep 86% van die węreld se produkte
vervaardig. Slegs een persent daarvan
is deur die onderste vyfde van die węreldbevolking vervaardig. Die rykste groepe het 82% van die węreld se
uitvoere gelewer. Gemeet aan
lewenstandaarde, was die verhouding tussen die rykste en armste lande van die
węreldbevolking in 1820 drie tot een.
In 1913 was dit elf tot een.
Teen 1973 het dit gestyg tot 72 teen een. Die gaping word al groter.
Die artikel noem drie redes waarom die tyd nie alles sal heel nie. Allereers is daar op die oomblik ongeveer
1,3 biljoen mense wat minder as U$1 per dag verdien. Die tweede probleem is dat 80 meer lande nou minder inkomste per
persoon verdien as ’n dekade gelede. ’n
Laaste faktor wat genoem word is dat lande wat swak presteer ’n groot risiko
vir die ontwikkelde węreld inhou. Terrorisme,
oorloë en die VIGS epidemie en ander siektes, maak dat ontwikkelingshulp deur
ryker lande geld in die water is. Van
die 61 groot oorloë van die afgelope dekade was slegs drie nie burgeroorloë
nie. Die artikel sę ook dat die VN
aflei dat die ‘problem of failing countries is not that they are small and
weak, but that they are disfunctional.’
Maar daar is ook ander faktore.
Lae inkomstevlakke maak ’n effektiewe belastingstelsel baie
moeilik. Siektetoestande soos malaria
en die klimaatstoestande is nie iets waaroor ’n mens beheer het nie. Swak mediese dienste en die gebrek aan goeie
onderwys, hou mense soms onder.
Die vraag
in hierdie situasie is natuurlik hoe die lewenstyl van Christene kan bydra tot
’n verligting van die nood in die węreld.
1. Een van die mees tragiese verse in die Bybel
kom voor in die gelykenis van die ryk dwaas.
Hierdie vers staan in Lukas 12:20:
"Maar God het vir hom gesę:
'jou dwaas, vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan
alles wat jy bymekaargemaak het?".
Dit is min of meer dieselfde boodskap wat ons vind in Psalm 49:19-21:
"Al verlustig 'n mens hom in 'n voorspoedige lewe, en al prys die mense
hom omdat dit met hom goed gaan, soos sy voorvaders sal hy moet sterwe en hy
sal die lig nooit weer sien nie. Die
mens wat met weelde en al 'n dwaas bly, is soos 'n dier wat vergaan."
2. Klaarblyklik sę Jesus dat ons in die skuld
by God is. Die skuld wat ons het, is
dat Hy ons lewe vir ons geleen het en dat Hy op 'n stadium weer hierdie lening
sal opeis. Wanneer jy begin besef dat
jou lewe 'n gawe van God is, as 't ware
'n lening is wat God aan jou toegestaan het begin jy anders dink oor jou goed,
jou geld, jou besittings, jou huis, jou werk, jou salaris. Wanneer die lig van die ewigheid van God
waarheen jy op pad is, inskyn op jou besittings, op dit wat jy het, maak jy 'n
nuwe waardering van alles wat jy het. Dit is wat die Bybel sę. Die ewigheid laat jou anders dink oor die
nou van jou besittings. Daarom kan ons
sę: die eskatologie – dit wat vir ons
wag – en ekonomie het alles met mekaar te doen. In Jakobus 5 word hierdie sake bymekaar genoem: "Julle maak
skatte bymekaar en dit terwyl dit die laaste dae is."
3. Skynbaar het ons deur die eeue die ewigheid
nog nooit vreeslik ernstig opgeneem nie.
Ons word so besig met die tyd dat ons die ewigheid vergeet. Karl Barth het gesę dat kerkmense nog altyd
meer wou wees as 'n volk in die woestyn of 'n eensame voël op die dak. Die kerk
wil nie ly nie, maar dit goed hę.
Kerkmense vergeet so maklik dat ons reisigers is wat nie verwyl nie; dat
ons wel ontmoet, maar ons nie verbind nie; dat ons wel tente het, maar nie
huise van bakstene nie. Ons laat ons
deur die węreld lok om eerder setlaars te word en nie meer pelgrims te wees
nie.
4. Wat gebeur as 'n mens 'n setlaar word,
wanneer ons bewoners van die aarde en nie meer bywoners is nie? Wat gebeur as 'n mens nie meer jou lewe sien
as 'n lening wat God aan jou toegestaan het nie?
Iemand wat
sy lewe nie 'n as lening, 'n gawe van God sien nie word baas van sy eie
goed. Dit sien ons duidelik in Luk
12:17-19: "Die dwaas het by
homself gedink (sonder raadpleging by God): "wat moet ek doen. Ek het nie plek waar ek my oes kan opgaar
nie. Toe besluit hy: dit sal ek doen:
ek sal my skure afbreek en groter bou.
Daarin sal ek al my graan en my ander goed opgaar."
Iemand wat
sy lewe nie as 'n lening sien nie, se besittings word 'n struikelblok vir sy
verhouding met God. Sy besittings staan
in sy pad sodat hy God nie bo alle dinge kan liefhę nie. Prediker 5:9 beskryf dit: "Die mens vir
wie geld alles is, het nooit genoeg geld nie; die mens vir wie rykdom alles is,
kry nooit genoeg in nie." Die mens
wie se werk alles, kry nooit genoeg van sy of haar werk nie. Die mens wie se huis alles is, het nooit 'n
mooi genoeg huis nie. Die mens wie se
kar alles is, het nooit 'n mooi genoeg kar nie. So kan ons aangaan.
Richard Foster was reg toe hy gesę het dat geld en besittings, saam met
mag en seksualiteit, magte is wat die potensiaal het om jou van God te
vervreem. Dit maak dat dit jou
horisonne vul, sodat jy vir niks en niemand meer tyd het nie. In ons land het 'n siek mentaliteit begin
ontstaan. Die mentaliteit van besit,
meer geld, meer sekuriteit, groter huise, meer grond en beter geleenthede, het
mense se leef- en denkwęreld begin oorheers.
Dit mag edel klink om al hierdie dinge te kan hę. Maar dit kan ook siek word. Dit gebeur wanneer die doel nie meer 'n
waardiger bestaan is nie, maar sodat ons van niemand of niks afhanklik hoef te
wees nie. Daarom kamp ons ons toe agter
ons betonmure, bou ons eie swembad en sorg vir ons eie plesier deur ons TV
skottels. Dit is die waarskuwing wat
ons hoor in 1 Timoteus 6:17: "Die wat in hierdie węreld ryk is, moet jy
waarsku om nie hooghartig te wees nie.
Hulle moet nie hulle hoop op die onsekerheid van rykdom vestig nie, maar
op God." Paulus sę: rykdom, geld,
besittings het die potensiaal dat jy jou vertroue eerder daarop sal stel as op
God. Dit is ook waarteen Jesus waarsku
in Luk 12:15: "Pasop en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid,
want 'n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings
nie." Telkens sien ons in die
Lukasevangelie hoe rykdom en besittings in die weg gestaan het van mense se
navolging van Jesus Christus (Luk 18:18-25; 14:25-33; 14:18-19)
’n Derde
aksent wat in hierdie gelykenis voorkom is dat iemand wat sy lewe nie as 'n
lening sien nie, van armes steel. Lukas
12:17-18 lyk na baie goeie beplanning.
Maar in Spreuke 11:26 lees ons:
"Mense vervloek iemand wat weier om koring te verkoop." Hoekom het mense dit in die ou tyd
gedoen? Want hulle het hulle koring
opgegaar totdat die koring op was. Dan
het hulle 'n onbetaalbare prys gemaak.
So het hulle het die kos uit die monde van armes en weduwees en wese
gesteel. Daarom het die ou kerkvader
Ambrosius gesę dat die ryk man goeie skure gehad het: die monde van die
armes. Tereg het Moeder Teresa gesę: Wanneer ’n arm mens van honger doodgaan, is
dit nie omdat God nie vir daardie persoon gesorg het nie. Dit is omdat ons nie instrumente in die hande
van God was om vir die arme ’n stukkie brood of klere gegee het toe hulle dit
nodig gehad het nie.
5. Ons probleem is nie beplanning nie, maar
hebsug. Dit is om meer te wil hę as wat
ek reeds het. Dit is ook die probleem
waaroor die broers stry in Lukas 12:13.
Hulle wil hę Jesus moet 'n uitspraak maak oor die erfporsie. Maar die Here behandel nie simptome nie. Hy weet wat sit agter die vraag:
hebsug. Ons eintlike nood is nie dat
ons nie kry wat ons toekom nie, ons eintlike nood is dat ons weens ons
hebsugtige harte nie aan ander gee wat hulle toekom nie.
6. Wanneer Jesus in Lukas 12:21 sę: "So
gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God
nie", sę Hy daardeur: ryk by God wees beteken om vir armes te gee. Dit is
die bedoeling van rykwees in God.
Daarom sę Lukas net in entjie verder:
"Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit is die wil van
julle Vader om die koninkryk aan julle te gee.
Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf vir julle 'n beurs aan wat nie leeg
raak nie. 'n Onuitputlike bron in die hemel waar geen dief dit kan bykom nie en
geen mot dit kan verniel nie. Waar
julle skat is, daar sal julle hart wees" (Luk 12:32-34). As julle skatte by God is, sal julle hart
ook daar wees, maar as julle hart by julle skatte is, sal julle God en julle medemens nie dien soos wat julle moet
nie. Dan steel jy van God en van jou medemens.
J P
Versteeg, die Nederlandse teoloog, het baie raak opgemerk: Die egte God is die
gewende God. Egte mense is gewende
mense. Nemende mense is onmense. Wie baas is van sy eie goed, wie sy lewe nie
as 'n lening van God sien nie, verag ook die liefdesgebod. Jou bankbalans kan hoe groot wees, maar as
jy God nie ‘ingecalculate’ het nie, het jy hom ‘uitgecalculate’. Die ryk dwaas het met alles rekening gehou,
behalwe met God.
7. Wat behoort te gebeur gebeur? Die Japanse prediker, Toyohiko Kagawa skrywe dat ons ons kapitaal moet doop. Ons moet al ons geld, ons besittings
doop. Daarmee bedoel hy dat ons alles
wat ons het en besit, moet plaas onder die heerskappy van Christus. Solank jou kapitaal en jou besittings onder
jou eie heerskappy is, is dit skadelik vir jou medemens, jou omgewing, jou
verhouding met God en vir jouself. Dit
is daarom dodelik gevaarlik om met ongedoopte geld in jou sak rond te
loop. Dit het met die hemel en die hel
te doen.
8. Uit ’n gedig, Resurrection, van Kenneth Bailey kom die volgende verhaal’: ‘A certain man had two sons. One was rich and
the other was poor. The rich son had no children while the poor son was blessed
with many sons and many daughters. In time the father fell ill. He was sure he
would not live through the week so on Saturday he called his sons to his side
and gave each of them half of the land of their inheritance. Then he died.
Before sundown the sons buried their father with respect as custom requires.
That night the rich son could not sleep. He said to himself, 'What my father
did was not just. I am rich, my brother is poor. I have bread enough and to
spare, while my brother's children eat one day and trust God for the next. I
must move the landmark which our father has set in the middle of the land so
that my brother will have the greater share. Ah – but he must not see me. If he
sees me he will be shamed. I must arise early in the morning before it is dawn
and move the landmark!' With this he fell asleep and his sleep was secure and
peaceful. Meanwhile, the poor brother could not sleep. As he lay restless on
his bed he said to himself, 'What my father did was not just. Here I am
surrounded by the joy of many sons and many daughters, while my brother daily
faces the shame of having no sons to carry on his name and no daughters to
comfort him in his old age. He should have the land of our fathers. Perhaps this will in part compensate him for
his indescribable poverty. Ah – but if I give it to him he will be shamed. I
must awake early in the morning before it is dawn and move the landmark which
our father has set!' With this he went
to sleep and his sleep was secure and peaceful. On the first day of the week – very early in the morning, a long
time before it was day, the two brothers met at the ancient landmarker. They
fell with tears into each other's arms. And on that spot was built the city of
Jerusalem.’
9. Ek het eenmaal ’n video oor węreldsending
gesien waarin die man deur die aardbol platgeval word. Die opdrag om na al die nasies te gaan, was
vir hom te oorweldigend. En dan ontdek
die man iets. Hy kan net sy deel doen. Dit kan gebeur dat die nood van die węreld
jou so kan oorweldig dat jy voel dat jou bydrae so klein is, dat jy liewer niks
doen nie. Maar ons kan wel ’n verskil
maak aan die nood rondom ons. Ons kan,
soos Jesus in die Lukasevangelie voorgestel word as die een wat by die
omvattende nood van die węreld betrokke is, ook omvattend by mense betrokke
wees. Ons kan vir hulle omgee op
godsdienstige, psigiese, materiële, sosiale en ander vlakke. Luther het gesę dat mense twee bekerings
nodig het: een van die hart en een van
die beursie.
Augustinus
het gesę: Ontvang wat God jou gee met
vreugde. Gebruik daarvan wat jy nodig
het. Die res word deur jou naaste
benodig. Miskien kan ons so Jerusalem weer opbou!
Bibliografie
Kenneth E Bailey: Poet and peasant and Through peasant eyes. A literary-cultural approach to the parables in Luke. Michigan. Eerdmans, 1983. E H Scheffler: Die teologie van die Lukasevangelie in konteks: bevryding uit lyding, in Teologie in konteks, J H Roberts, W S Vorster, JN Vorster, JG van der Watt (reds). Pretoria. Orion, 1991, 62-92. I H Marshall: The Gospel of Luke. Paternoster Press. Exeter, 1978. M Wilcock: The saviour of the world. The message of Luke’s gospel. Leicester. IVP, 1979.