Johannes 12:1-8 – 3 April 2022
Vyfde Sondag in Lydenstyd
Hierdie Sondag fokus op die afwagting van iets nuuts. Dit wys reeds hier, diep in Lydenstyd, vooruit na Christus se opstanding. Afhangend van die ouderdom van die gemeente se kinders, kan jy verskillende simbole kies. ‘n Skoon vel papier is die maklikste manier om vir klein kinders ‘n nuwe begin te verduidelik. Vir ouer kinders kan eiers of paaseiers simbolies goed aanpas by die afwagting van Paasfees. Of jy kan die kostelike verhaal van Nina se grootste persent… Die preekriglyn fokus op die sterk simboliese karakter van die salwing van Jesus se voete in die teks. Dit is reeds verbind aand die opwekking van Lasarus in die vorige hoofstuk. Maria se salwing is ‘n simbool of teken van dankbaarheid vir die feit dat Jesus haar broer uit die dood opgewek het. Maar, verder gebeur die salwing reg voor Jesus se intog in Jerusalem waar Hy as “Koning van Israel” vereer word. Jesus word moontlik ook hier simbolies as Koning gesalf, alhoewel dit op sy voete was. Wat hier gebeur dui dus op die houding wat dissipels teenoor Jesus behoort te hê, maar ook op die spanning en worsteling in die dissipelkring vanweë die uiteenlopende houdings wat ter sprake kom. Judas en Maria staan reg teenoor mekaar. In Maria se optrede vind ons ‘n voorbeeld van die volheid van ‘n lewe van dissipelskap. Haar optrede wys vir ons die liefde wat ‘n kenmerk van dissipelskap in die Johannesevangelie is, asook die erkenning van Jesus se identiteit wat die Christelike lewe stempel. Dit is in sterk kontras met dié van Judas, wat ‘n onbetroubare reaksie op die gebeure rondom die aanbreek van Jesus se laaste ure verteenwoordig. Judas reageer nie met ‘n handeling van liefde nie, maar met selfsugtige motiewe. Sy optrede lei tot die verwildering van die kudde, terwyl Maria se optrede die model van liefde voorstel wat ook die karakter van die kudde behoort te wees.
Laai af: Word – PowerPoint