Eksodus 24:12-18 – 23 Februarie

Laaste Sondag na Epifanie – Sondag van Verheerliking

Roep die kinders na vore en help hulle om die teks dramaties uit te beeld terwyl dit gelees word. ‘n Berg kan bestaan uit ‘n stoel (dalk selfs ‘n stoel op ‘n tafel) met ‘n laken oor. Gebruik ou klere en lappe vir Moses en Josua. Kliptafels kan uit karton gesny en met spuitverf geverf word. Maak ‘n wolk uit karton en watte of gebruik ‘n wit of blou laken en laat iemand dit om die “berg” vashou. Dit is vandag die Sondag van Verheerliking. Ons word herinner aan God se openbaring aan ons in Jesus Christus. Vanaf die vroegste oomblikke in die geskiedenis van Israel leer ons God ken as die Een wat kies om tussen sy volk te bly. Die groot gebeurtenisse rondom God se verskyning met die gee van die wet en die tabernakel in Eksodus onderstreep dit. God se nabyheid word duidelik in die bou van die tabernakel sowel as in die gawe van die Woord en wet waardeur Hy sy daaglikse teenwoordigheid in die lewe van mense vaslê. Ons teks vertel hoedat God Godself aan sy volk gee. Ons teks is ‘n besondere verslag oor hoe God God se teenwoordigheid aan God se volk bekendmaak. In hierdie ontmoeting gee God Homself aan die volk deur in die vorm van wet en riglyne. God trek mense ook in gemeenskap met God in.

Laai af: WordPowerPoint

Comments (2)

  • Hallo

    Ek sit en wonder: Eksodus is ‘n reisverhaal, Slawerny na Aanbidding ens

    Is daar iets te sê oor die vier stasies teen die berg op?

    Groete

    Fanus Hansen
    NG Potch-Oos

    • Daar is baie interessante perspektiewe waaroor ‘n mens uit daardie reis die berg op kan nadink. Die een wat my interesseer, is die feit dat God hier eintlik ‘n “aardse raad” skep in die plek van die Kanaänitiese en Ugaritiese “goddelike raad” van die El-aanbidding (Baäl, Asjera en die ander gode ingesluit):

      “a theological gauntlet was thrown down: Yahweh alone commands the nations and their gods. Other gods serve him. The exodus story follows that theological punch in the nose with another. Not only is Israel Yahweh’s son and portion on earth, but Israel is to be governed by a special group of seventy under Moses and, later, the Israelite king who is Yahweh’s enthroned son.” (Heiser, Michael S.. The Unseen Realm: Recovering the Supernatural Worldview of the Bible (p. 156). Lexham Press. Kindle Edition.)

Laat 'n boodskap na Fanus Hansen Kanselleer die opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui