Efesiërs 1:15-23 – 21 Mei

Hemelvaart

Indien jy ‘n Familietyd gebruik, fokus op Jesus se Hemelvaart. Vertel die verhaal, wys ‘n video soos die een wat ons ingesluit het, of lees dit uit ‘n kindervriendelike Bybel. Daar is ook ‘n puzzle-inkleurprent van die Hemelvaart. Nota vooraf aan die prediker: Hierdie teksgedeelte word in die RCL op Hemelvaart en Verheerlikingsondag gebruik. Dit plaas die fokus op Jesus en sy verheerliking, maar gaan verder na die effek wat dit het op die lewe van gelowiges. Hemelvaart roep ons tot nadenke oor wat ons met ons aardse lewe doen. Die Heidelbergse Kategismus se vraag oor die Hemelvaart is betekenisvol: “Watter nut het die hemelvaart van Christus vir ons?” Dit bewaar ons van vrugtelose spekulasie oor hoe die hemelvaart plaasgevind het en wat die aard van Jesus se liggaam na die hemelvaart is. Dit is sake wat min te doen het met gelowiges se lewe hier en nou. Die antwoord herinner ons daaraan dat wanneer Jesus opvaar na die Vader, dit vir ons ‘n waarborg vir die lewe inhou: Jesus is nie meer op aarde nie, maar sy volgelinge kan leef met die sekerheid van ‘n sinvolle lewe wat gebore is uit God se roeping, ‘n ryk erfenis wat vir ons opsy gesit is en al die krag wat ons nodig het om vir God te lewe. Paulus se gebed dat die gelowiges se geestesoë sal oopgaan, is in hierdie tyd baie belangrik. Ons lewe in ‘n tyd waarin materialisme geweldig toeneem, mense leef al hoe meer net vir dit wat hulle in hierdie lewe kan kry. Die vraag oor ‘n werklik sinvolle lewe vervaag. Paulus se gebed vir verhelderde oë herinner ons dat daar baie meer op die spel is as wat ons kan sien.

Laai af: WordPowerPoint

Opmerking

Laat 'n boodskap na Sien die Koninkryk – Efesiërs 1:15-23 | Diakonos Kanselleer die opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui