1 Samuel 17:(1a, 4-11, 19-23) 32-49 – 20 Junie

4de Sondag van Koninkrykstyd

Die Skriflesing kan op heelwat maniere dramaties gelees of oorvertel word. So kan vrywilligers dit bv. (onvoorbereid) “mimiek” terwyl dit gelees word. Jy kan byvoorbeeld die lekker interaktiewe weergawe van die YouVersion App vir kinders gebruik – wat ook in Afrikaans beskikbaar is. Of hierdie video van Online Church: Kids. Durbanville Bergsig het ‘n oulike video gemaak van ‘n liedjie wat die hele storie vertel. Hier is ‘n redelik dramatiese “live action” uitbeelding van die verhaal – die geweld is waarskynlik te grafies, maar aan die ander kant maak kinders nie onderskeid tussen illustrasie en realiteit nie. Hierdie is ‘n uiters gewelddadige verhaal. Leer die bewegings en sing die bekende liedjie van Jan de Wet saam. Hier is ‘n klomp inkleurprente om van te kies en hier is lekker craft idees. Die preekriglyn sluit aan by die reeks Survivor: David versus Goliath, wat gewen is deur Nick Wilson, ‘n regte underdog. Uit ‘n sekere hoek is Dawid as’t ware die beskermheilige van sulke underdogs. Maar, vanuit die Bybelse perspektief het die oorkom van onbereikbare struikelblokke alles met God se hulp te doen. Dit gaan oor veel meer as bloot menslike vasberadenheid of prestasie. Die belangrike vraag is of Dawid en Goliat ‘n Survivor-storie is? Die antwoord is: nee. Hierdie teks handel oor hoe mag in God se koninkryk werk.

Laai af: WordPowerPoint

Comments (2)

Laat 'n boodskap na Johan Smit Kanselleer die opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui